Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Polisiewoordvoerder, sers Omphile Masegela, het gesê dat Operasie Shanela in die ZF Mgcawu-distrik die afgelope week aansienlike resultate gelewer het.
Twee vroue is met dagga ter waarde van R603 750 in Kakamas in hegtenis geneem en daar is op onwettige drankwinkels in Paballelo en Rosedale toegeslaan en beslag gelê op R11 000 se drank as deel van Operasie Shanela.
‘n Vinnige reaksie deur lede van die Kakamas SAPD op 25 September het gelei tot die arrestasie van twee vroue wat met ‘n groot stapel dagga betrap is.
Te danke aan ‘n wenk, het die beamptes die verdagtes (onderskeidelik 32 en 40 jaar oud) wat  groot sakke gedra het, deursoek. 
Binne het hulle dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R603 750 ontdek. 


Albei verdagtes is onmiddellik vir handel in dagga gearresteer. Die polisie het op 27 September in nog ‘n groot aanslag op onwettige drankwinkels in Paballelo en Rosedale toege-slaan. Drank ter waarde van R11 000 is gekonfiskeer en boetes van altesaam R1 500 is uitgereik.
Intussen het die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ZF Mgcawu-distrik op Sondag, 29 September 2024 ‘n ontdekking van onwettige gas gemaak, nadat inligting geoperasionaliseer is oor ‘n verdagte wat na bewering onwettig gevulde gasbottels gaan haal het - om in die ZFM-omgewing te verkoop.
Volgens inligting word beweer dat die gassilinders by ‘n ongeregistreerde hervulstasie gevul is. 
Die gas is ‘n substandaard gas en dus in stryd met die wet.
Verder is ontdek dat hulle geregistreerde handelsmerksilinders gebruik het om onwettig te hervul en te herseël.
Die vragmotor met ‘n sleepwa is buite Upington gestop, en 289 van hierdie gevulde gasbottels van verskillende groottes en handelsmerke is ontdek. 
Die handelsmerkhouers is gekontak vir be-vestiging van hervul en hulle het geen kennis daarvan gehad nie.
Daar is beslag gelê op die silinders ter waarde van R 273 260 en die vragmotor met sleepwa.
‘n 49-jarige verdagte is aangehou vir die oortreding van die Wet op Verbruikersbeskerming sowel as die oortreding van die Wet op Vervalste Goedere.