Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum het vanjaar landwyd 189 vullisterreine geoudit, om die huidige toestand van munisipale en privaat vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal en vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Noord-Kaap weer oor geen vullisterreine beskik wat aan minstens 80% van die ouditvereistes voldoen het nie. 
Hierdie oudit is gebasseer op data van oudits wat aan die begin van 2024 gedoen is.
Die Gemsbok het, saam met Afriforum Upington, verlede week besoek afgelê by die Dawid Kruiper Munisipaliteit se De Duine vullisterrein, wat slegs ‘n paar maande gelede nog in kontroversie omhul was.
Met hulle aankoms, was dit duidelik dat DKM daadwerklik veranderinge aan die werkinge van die vullisterrein aangebring het. 
Toegangsbeheer by die ingang na die stortingsterrein en kontrole  oor wie,  watter tipe vullis op die Upingtonse vullisterrein stort is opgeskerp.
 Volgens die oudit van skaars ‘n paar maande gelede het DKM ook nie oor ‘n afvalsbe-stuurplan vir die terrein beskik nie.
Op die oog af, het hierdie plan onlangs in werking getree en word vullis nou  in die grond gewerk om te verhoed dat rommel die wêreld vol waai   en daar was geen teken van oop vure op die terrein nie. 


Oop vure is ook teen vullisterrein-regulasies.
Met ‘n vorige besoek het die Gemsbok  meer as 50 delwers op die terrein gevind. Daar was selfs informele wonings op die vul-lishoop. Geen sekuriteitswagte wat die terrein patrolleer was in sig nie.
Met verlede week se besoek het die Gemsbok gevind dat die delwers van die terrein verwyder is en volgens ingeligtes is DKM besig om ‘n uitgesoekte area vir die delwers te diens, waar hulle dan veilig kan woon en bedags aangaan met hulle delwery - wat bydrae tot die herwinning van baie van die terrein se afval.
 In die laaste paar jaar het DKM slegs 1,5 uit 25 vir die jaarlikse Afriforum Vullisterrein Oudit gekry.
Dinge lyk belowend en DKM mag dalk een van die enigste munisipaliteite in die land wees, wat ‘n vullisterrein oudit in die toekoms slaag.
“Dit is duidelik dat DKM baie gedoen het om die ouditpunte waar hulle te kort geskiet het, te verbeter. Hierdie soort dienslewering verdien om aan die groot klok gehang te word. Ek sal graag binnekort besoek aan die munisipale bestuurder en sy span wil aflê, net om hulle hande te skud en hulle met die goeie werk geluk te wens. 
Afriforum wil ook graag ons hand uitsteek en hulp aanbied, waar DKM nog dienslewerings-probleme ervaar. As ons saam werk, kan ons van Upington een van die beste dorpe in die land maak!” het Werner Strauss, Noord-Kaapse koördineerder vir Afriforum aan die Gemsbok gesê.