Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die afgelope paar maande het dit duidelik geraak dat die Dawid Kruiper Munisipaliteit beter klem begin lê het op dienslewering in hulle regsgebied.
Daar word daadwerklike pogings aangewend om ernstige probleem areas aan te spreek en langtermyn en permanente oplossings vir herhaalde probleme te vind.
Nie net word slaggate en vullisverwydering op ‘n daaglikse basis aangespreek nie, maar verskeie projekte is die afgelope maand aangewend om “ou” struikelblokke uit die weg te ruim.
In die afgelope week alleen het DKM hoëmas- en straatligte in verskeie areas herstel, die brug in die sakesentrum is in die proses om herstel te word, padverkeerste-kens word opgeknap en weer geverf, bome word gesnoei en die begraafplaas naby die spoorwegstasie is ook skoongemaak. “Ja, ons weet daar is nog ander diensleweringsprobleme wat moet aandag kry. Daar is ‘n paar rioolverstoppings wat net eenvoudig nie wil verdwyn nie, maar dit is ook belangrik om die nodige krediet aan DKM te gee, waar hulle dit verdien,” het Werner Strauss, Noord-Kaapse koördineerder, gister aan die Gemsbok gesê.


Afriforum steek graag ons hand na DKM uit en bied ons hulp en ondersteuning aan om weer van Upington een van die voorste dorpe in die land te maak.  “DKM het die potensiaal om een van die skoonste, besbestuurde dorpe in die land te wees en saam kan ons dit verwesenlik, sê Strauss.
Rdl Hennie Roux skryf “ Dit is verblydend dat DKM dienslewering begin prioritiseer en aan die werk spring. Daar is nog geweldig baie wat gedoen moet word om op te vang, maar dit is belangrik om positiewe werk raak te sien.  Daar is heelwat wat al gedoen is en gedoen moet word soos onafhanklike kragvoorsiening.  Hierdie hernubare energie projekte is in die pyplyn. Daar is ook ‘n diensverskaffer aangestel om oormaat krag vanaf besighede wat reeds hul eie elek-trisiteit opwek, aan te koop. 
Upington is goed geleë om industrie na die dorp te lok.  Ons moet egter streef om diens-te goedkoper te maak - om die las op ons mense ligter te maak - sodat ons nie so gebuk gaan onder hoë krag- en watertariewe nie.”