Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap Provinsiale Taakspan het saam met lede van die ZF Mgcawu Distrik ‘n knou toegedien op dwelmhandelaars wat in die Upington-omgewing bedrywig is.
Die span het Vrydag inligting in Dakota weg, Morning Glory en die Upington CBD geoperasionaliseer - wat gelei het tot die arrestasie van agt (8) verdagtes en beslaglegging op mandrax en dagga en kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 30 en 39, is in hegtenis geneem op aanklagte van handel in dwelms, die verkoop van drank sonder ‘n lisensie en die onwettige besit van dwelms. Daar word vermoed dat twee van die verdagtes ongedokumenteerde buitelandse burgers is
Dwelms met ‘n geraamde waarde van R38 100 is tydens die soektogte gekonfiskeer.


 Die robuuste optrede deur die Noord-Kaap Provinsiale Taakspan onder bevel van lt Kol Colin Qunta, saam met die plaaslike polisie in Upington en omliggende gebiede,  het aansienlike suksesse tydens Operasie Shanela op Saterdag, 24 Augustus 2024 tot gevolg gehad.
Die span wat in die ZF Mgcawu-distrik ontplooi is, het twee verdagtes wat vir Assault GBH-saak gesoek is, opgespoor en gearresteer.
Die lede het voortgegaan met soek- en beslagleggingsoperasies in die Paballelo-omgewing, waartydens vyf huise deursoek is en nege verdagtes in hegtenis geneem is vir die handel in dwelms, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en ongedokumenteerde buitelanders.
Hulle het beslag gelê op 90 Mandrax-tablette met ‘n geraamde waarde van R9 000  en ‘n onbekende bedrag kontant - wat vermoedelik die opbrengs van dwelms is. 
Die vermoedelik ge-steelde goedere is ook ingeboek vir verdere ondersoek.
Verder het die span aandag gegee aan ‘n klag van gesinsgeweld, waar ‘n voormalige polisiebeampte in besit gevind is van ongelisensieerde ammunisie ter waarde van R11 230. 
Hy staan ​​tereg op ‘n aanklag van gesinsgeweld en die besit van ongelisensieerde lewendige ammunisie.
Die span het altesaam 13 verdagtes tydens die operasie in hegtenis geneem.
Die polisie in die Noord-Kaap sal onverpoosd voortgaan om die ruimte vir misdadigers om op te tree te minimaliseer.