Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Wat voel na dekades van stank en klagtes kon Upingtonners verlede week uieindelik na verligting snak, toe die Dawid Kruiper plaaslike munisipaliteit, Afriforum en plaaslike sakelui, hande gevat het om die probleem vir eens en hopelik vir altyd, aan te spreek.
Na vele korrespondensie, saamesprekinge, terrrein besoeke en soms argumente, tussen Afri-forum, die media, inwoners, rolspelers en die siviele afdeling van die plaaslike munisipaliteit, kon ‘n spesiale span saamstaan om hulle kennis en vaardighede in te span - om die jarelange stinkende ‘vleiland’ tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld te begin dreineer en hopelik so op die kern van die stinkende probleem af te kom.
Na bykans ‘n hele dag se grawe met sy grondverskuiwingstoerus-ting, kon Wouter van Zyl (Van Zyls Blasting) twee moontlike probleempunte uit die swart modderige moeras ontaard.

Dit lyk asof een van die stormwateruitlate vanaf die Kalahari Mall vir jare reeds onder die slik, modder, riete en ander gemors toegeval het. 
Nadat die slootgrawer die afvoerpyp oopgegrawe het, het massas vettterige vrot gemors deur die pyp begin vloei. Na ‘n rukkie het die stroom weer verhelder en was dit duidelik dat dit slegs opgeboude gryswater was.
Daar is ook ‘n lekkende varswaterpyp aan die Hoërskool Duineveld se kant ontdek.
Die water het heel waarskynlik oor die jare die vleiland se waterkapasiteit so gevul, dat die staande water begin vrot het.
Nou word daar gewag vir die vleiland om op te droog, sodat verdere ondersoek ingestel kan word.
“Hierdie is nie ‘n oornag oplossing nie, maar dit is ‘n groot stap in die regte rigting,” vertel Werner Strauss, Noord-Kaapse koördineerder van Afriforum.
Strauss het in die weke van te vore besoek aan die kantoor van die munisipalebestuurder van die Dawid Kruiper Munisipaliteit afgelê en na ‘n lang “vrugtevolle” gesprek met mnr Elias Ntoba, het hulle besluit om saam te werk, om dienslewering van die munisipaliteit te verbeter.
“Ons het begin met die klagtes oor die vleiland, aangesien dit op een van die hoofweë deur die dorp is en omdat ons weet dat  toeriste deur ons omgewing besoek aan die mall gaan aflê,” verduidelik Strauss.
Volgens Strauss beteken dit glad nie dat enige van die ander klagtes, soos die een by Keimoes-weg en ‘n paar klagtes vanuit die verskillende woonbuurte, nie aandag sal geniet nie.
“Ons sal met samewerking van DKM, plaaslike sakesektoer en enige ander rolspelers wat wil betrokke raak, bietjie vir bietjie weer Upington na al sy glorie herstel,” beloof Strauss. Hou die Gemsbok dop vir terugvoer, soos die storie ontwikkel.