Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Olie is behoorlik op die rassisme vure van die Upingtonse, en later regoor Suid-Afrika gegooi, nadat vier seuns van die Hoërskool Duineveld ‘n TikTok ster met rassistiese aanmerkings gepeper en selfs gedreig het.
Die vier Noord-Kaapse leerlinge wat in die TikTok-video verskyn het, is geskors.
Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Donderdagmiddag bevestig dat die vier leerlinge wat in die video verskyn het van Hoërskool Duineveld is. Hulle is tussen 17 en 18 jaar oud.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê: “Hoërskool Duineveld het onmiddelik opgetree in ooreenstemming met hul gedragskode en hierdie leerders op skorsing geplaas.”
Hy het gesê die dissiplinêre verhore is vir 17 September geskeduleer.

In die video word tienerseuns, in ‘n duidelik geredigeerde, TikTok-video gesien, waar hulle met ‘n populêre en kontroversiële inhoudskepper, wat as @UncleSeeno bekend staan, gesels.
@uncleseeno is ‘n inhoudskepper, wat met sy volgelinge skakel en dan suggestiewe en kontroversiële gesprekke met hulle voer. Honderde duisende jong TikTokgebruikers hoop dat @uncleseeno hulle kontak en dat hulle gesprekke dan viraal sal gaan, wat vir die gebruikers dan meer volgelinge en hulle vyf-minute van bekendheid sal voorsien.
In die gesprek, wat aanvanklik in Engels begin, sê die voorbok in die video  “Yo Yo Yo, wat gaan aan my n*****?” @uncleseeno,  reageer in Engels “Het jy my ‘n n***** genoem?” Hierop slaan die seun oor na Afrikaans “Ek het gesê jy is ‘n k*****.” Na wat lyk of ‘n deel van die gesprek uitgesny is - vir effek - vertel die seun aan @uncleseeno dat hy hom volg en vra dat die video op TikTok gelaai moet word.
Hy herhaal dan die K-woord wanneer die inhoudskepper vra of hy nog iets het om by te voeg - voordat die video opgaan. Hoewel die video duidelik vir effek geredigeer is, word die jong seuns se gedrag deur beide die skool, departement van onderwys, die MRK, lede van die gemeenskap en ander rolspelers as onaanvaarbaar beskou.
Luidens die Hoërskool Duineveld se persverklaring is die inhoud van die video  in teenstryd met die norme en waardes wat  hulle by leerders by die skool vestig. 
Die Noord-Kaapse departement van onderwys het gesê hy sal die verwikkelinge fyn dophou en die nodige ondersteuning aan die Hoërskool Duineveld bied.
Intussen het talle onderwysers, leerders en oudleerders die Gemsbok oor die afgelope paar dae geskakel.
Die video het duidelik angs en woede onder die oortreders se almamaters uitgelok.
“Ek wil nie oor dieselfde kam geskeer word, net omdat ek in dieselfde skool is nie.” het menigte leerders aan die Gembok meegedeel.
“Ons lewe in vrees vir retaliasie van ons mede leerders, wie  deur hierdie boelies te na gekom is”
Baie kinders is omgekrap en sommiges is moedeloos - hulle meen rassisme is aan die orde van die dag tussen beide leerders en sommige onderwysers ook.
  Verskeie leerders meen die betrokke seuns het ‘n reputasie vir taalgebruik soos daardie en dat dit deur sommige onderwysers aangespreek is - maar dat daar niks van gekom het nie.
Na aanlyding van hierdie aantygings deur leerder van die skool het die Gembsok aan die skoolhoof gevra of  die skool ‘n oop dialoog oor rassisme met leerders en onderwysers het en of die gevare van sosiale media gebruik en die verantwoordelikheid wat
daarmee gepaard gaan, met leerders bespreek word?
Ons wou ook weet  wat is die skool se plan om soortgelyke insidente in die toekoms te probeer verhoed? 
Is daar ‘n duidelike klossule in die skool se gedragskode met betrekking tot sosiale media protocol asook boeliegedrag en rassisme? 
Die skoolhoof, dr Rooies Adrianatos, het op hierdie vrae geantwoord “Die skool volg die voorgestelde prosedure soos vervat in ons skool se gedragskode.
Enige verdere navrae kan gerig word aan mnr. Geoffrey van der Merwe by die NKOD.”
Van der Merwe het ter perse nog nie hierop reageer nie.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK/die Kommissie) sê hy het met ernstige kommer kennis geneem van die beweerde rasse-uitsprake wat deur ‘n minderjarige op die sosiale-media-platform TikTok voortgesit is. Die Kommissie veroordeel hierdie beweerde rassevoorval met die sterkste termyn.
 Nadat die Kommissie bewus was van die ontstellende voorval, het die Kommissie deur sy Noord-Kaapse Provinsiale Kantoor sy eie ondersoekmandaat deur artikel 184 van die Grondwet geopen om die beskerming, ontwikkeling en bereiking van menseregte in die Republiek te bevorder. Die Grondwet bemagtig die Kommissie verder om stappe te doen - om gepaste regstelling te verseker waar menseregte geskend is.
As deel van die assesseringsproses het die Kommissie reeds met die Noord-Kaapse departement van onderwys vergader om feite en inligting in te samel oor stappe wat tot dusver oor die aangeleentheid geneem is. Die Kommissie sal die skool besoek om meer feite in te samel en die skool te help om ‘n regverdige, beslissende en holistiese ondersoek te doen - met die oog daarop om ook die algehele omgewing en kultuur van die skool te evalueer sover dit die inskerping van waardes, van sosiale kohesie, sosiale geregtigheid en diversiteit betrokke is.
Die Kommissie prys Hoërskool Duineveld vir die feit dat hy die voorval in die openbaar veroordeel het en sy standpunt uitgespreek het dat dit teen enige diskriminerende uitlatings rakende ras, godsdiens, politiek en geslag is.