GEMSBOK-KEIMOES: Wat beskryf word as ‘n skokkende gebrek aan aanspreeklikheid en gevolgbestuur ens. in die Kai-!Garib Munisipaliteit, het volgens rolspelers in die drie sleutel gemeenskappe (Kakamas, Keimoes en Kenhardt) van hierdie munisipaliteit , in ‘n skreiende voorbeeld van mislukte bestuur, laat ontaard. Daar word beweer dat senior amptenare en leiers hul pligte versuim, wat inwoners laat ly onder die gevolge van growwe wanbestuur en onbevoegdheid.
Verder word daar beweer dat toekenningsbefondsing van die Nasionale Tesourie, bedoel vir kritieke infrastruktuuropgraderings en noodsaaklike dienste, stelselmatig misbruik is - en nooit aangewend is waarvoor dit aanvanklik bedoel was nie..
“In plaas daarvan om in waterstelsels, instandhouding van paaie of gemeenskapsontwikkeling te belê, is hierdie fondse aangewend om opgeblaasde salarisse en bedryfskoste te betaal. Dit het die munisipaliteit nie in staat gestel om sy basiese verpligtinge na te kom nie,” beweer ‘n bron vanuit die munisipaliteit. Die Kakamas-watersuiweringsaanleg gaan merkbaar agteruit. Inwoners rapporteer gereelde onderbrekings en sê wanneer die water uit hul krane kom, het dit dikwels rooi wurms, stokke en vuilheid. Die suiweringsaanleg is verby die beoogde leeftyd, onderbeman, het nie basiese toerusting nie - en chloor word steeds met die hand in die voorraad gemeng.
Die munisipale infrastruktuurtoelae is “te klein om hierdie noodsituasie aan te spreek” en die nasionale departement van water en sanitasie sê dit finansier noodherstelwerk.
Inwoners sit weke sonder water, terwyl die munisipaliteit buitensporige bedrae geld bestee aan watervragmotors wat na bewering ongesuiwerde drinkwater aflewer.
Inwoners beskryf hierdie optrede nie net as onvolhoubaar nie, maar ook as ‘n belediging vir die waardigheid van die mense van !Kai-Garib.
Volgens die munisipale werknemer, is geen senior amptenaar aanspreeklik gehou nie.
“Gevolgbestuur bestaan nie en diegene wat vir hierdie finansiële ineenstorting verantwoordelik is, bly in hul posisies - sonder om enige boetes in die gesig te staar. Hierdie gebrek aan aanspreeklikheid stuur ‘n duidelike boodskap - dat wanbestuur en nalatigheid geduld word, wat die publiek se vertroue in die munisipaliteit verder erodeer. Die samestelling van hierdie krisis is die algehele afwesigheid van verantwoordbare toesig.” sê die werknemer.
Daar word beweer dat die uitvoerende burgemeesters en munisipale bestuurders oor die jare hul plig versuim het - om behoorlike bestuur en finansiële dissipline te verseker.
In plaas daarvan om beslissende stappe te neem om hierdie kwessies aan te spreek, het hulle toegelaat dat die situasie vererger.
Rolspelers word aangemoedig om saam met die mense van !Kai-Garib in die eis van onmiddellike optrede, aanspreeklikheid en ‘n einde aan hierdie kultuur van wanbestuur - te staan. Hierdie krisis kan nie langer geïgnoreer word nie, en inwoners moet voortgaan om te druk vir die veranderinge wat nodig is om vertroue te herstel en die lewens van die inwoners te verbeter.
Die Kakamas-watersuiweringsaanleg gaan merkbaar agteruit. Die Kai !Garib-munisipaliteit sê die Kakamas-watersuiweringsaanleg “kan enige tyd misluk”. Inwoners rapporteer gereelde onderbrekings en sê wanneer die water uit hul krane kom, het dit dikwels rooi wurms, stokke en vuilheid. Die suiweringsaanleg is verby die beoogde leeftyd, onderbeman, het nie basiese toerusting nie, en chloor word steeds met die hand in die voorraad gemeng.
Die munisipale infrastruktuurtoelae is “te klein om hierdie noodsituasie aan te spreek” en die nasionale departement van water en sanitasie sê dit finansier noodherstelwerk.
Die nasionale waterdepartement het be-vestig dat die Kakamas-behandelingswerke se “meganiese, elektriese en doseertoerusting die einde van sy diensbare leeftyd bereik het”. Die toerusting by die aanleg is nou sowat 37 jaar oud.
Kai !Garib se jongste munisipale Bloudruppeltelling van die Departement van Water en Sanitasie, wat in 2023 vrygestel is, was net 16%, ver onder die minimum teiken van 31%. Die Kakamas Bloudruppel-telling was 23%.
Al 16 watervoorsieningstelsels in die munisipaliteit is na bewering in ‘n kritieke toestand.
Woordvoerder van die nasionale waterdepartement, Wisane Mavasa, het gesê hy het probeer om die munisipaliteit te dwing om beide sy Blou- en Groendruppel-tellings te verbeter, en vir die munisipaliteit om “veilige drinkwater te verskaf”. Daar was ‘n mate van verbetering in die volume aanbod en kwaliteit van drinkwater, het Mavasa gesê.
Maar die verouderde watersuiweringsaanleg vereis langtermyn-opgraderings en moet amper heeltemal vervang word. Daar moet ook ‘n nuwe rivierpompstasie en ‘n nuwe grootmaat watertoevoerpypleiding en reservoirs wees vir toekomstige uitbreiding van die dorp.
Die departement het na bewering ‘n “noodopknapping” befonds om waterbetroubaarheid en -gehalte op kort termyn te verbeter, voordat langtermyn-opgraderings afgehandel is.
Geen reaksie op navrae met betrekking tot die berig - is nog teen saktyd van die koerant, vanaf Kai !Garib Munisipaliteit ontvang nie. Sien wel berig oor GOP vergadering wat intussen op Kenhardt gehou is.