Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-NABABEEP: Die Nababeep SAPD vra bystand van die publiek om David Waterboer (14) op te spoor wat op 07 Februarie 2025 vermis geraak het en ‘n inwoner van Nababeep is.
Die David is glo laas op Vrydag, 7 Februarie 2025 om 11:30 by sy huis gesien en later glo ook by die atletiek in Concordia opgemerk.
Hy is glo weer op Saterdag, 8 Februarie 2025 om 06:20 by ‘n bushalte in Concordia gesien.
Die Nababeep SAPD, bygestaan ​​deur gemeenskapstrukture, het ‘n soekspan gestig om na David te soek.
Volgens sy Ma Lanza Waterboer, was hy na bewering laas in Concordia, sowat 21 km noord-oos van Nababeep, lewend gesien.
 “David was al Vrydag van ons weg om sport te gaan kyk. Ek was al by die werk, maar ons weet nie of hy daar uitgekom het nie. Ook nie waar hy die Vrydagaand geslaap het nie.”

 Baie stories doen al die rondte dat mense hom iewers gesien het.  Oor dié gerugte het David se pa, Dirk “Zoom” Waterboer, gesê dat hulle eers alles moet opvolg, voor hulle dit kan bevestig. Hy het Sondagoggend in n kerkdiens vertel dat hy gebroke is, maar steeds glo dat David gevind gaan word.
 ‘n Moedelose en hartseer Lanza het die publiek reeds vermaan om nie deur middel van twyfelagtige inligting die ondersoekwerk te belemmer nie.
 Intussen het gemeenskapslede Saterdagnamiddag vanaf die Nababeep-polisiestasie vertrek om in Concordia te gaan soek. Hieraan het die plaaslike buurtwag ook deelgeneem. Die spanne moes egter onverrigtersake teruggekeer.
 Die ondersoek het Sondag voortgegaan waarin twee ondersoekspanne deelgeneem het. Ook het die publiek al in Nababeep, sy tuisdorp, gehelp soek.
 Volgens die Nababeep-polisie was hy na bewering op Vrydagnamiddag by n atletiekbyeenkoms in Concordia gesien. En Saterdag teen halfsewe by ‘n bushokkie hier. Dit het die vermoede versterk dat hy toe miskien op na sy ouerhuis in Nababeep was. 
 Polisie-woordvoerder, luit/kol Sergio Kock, het bevestig dat die Nababeep-polisie in samewerking met gemeenskapsstrukture soekspanne saamgestel het.
 “Die publiek word weereens herinner dat daar geen wagperiode is nie om n vermiste persoon aan te meld. Skakel speur/sersant Deory Smit by, 082 495 5305, in verband met Waterboer se geval. Of die SAPS Crime Stop by: 086 001 0111.”