Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Sers Luthando Gqalane, verbonde aan die SAPD Openbare Orde Polisie (POP) in Upington, sers Bongani Oliphant van die Paballelo polisiestasie, Graye Thomas, Enuel Elderman en Robert Amadhila het op 5 September in die Springbok Streekhof verskyn.
Hulle het na bewering op 30 Augustus geld van ‘n potensiële diamanthandelaar op die N7-hoofweg in Springbok afgepers.
Daar word geglo dat die beskuldigde die klaer na bewering gedwing het om R65 000 in hul bankrekening oor te plaas terwyl hulle ‘n verdere betaling van R500 000 geëis het.
Mojalefa Senokoatsane, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê vyf beskuldigdes is aangekla van afpersing en die nabootsing van ‘n polisiebeampte.
“Hulle bly in aanhou-ding - in afwagting vir ‘n formele borgtogaansoek - in die Springbok-distriks-hof,” het Senokoatsane gesê.