Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: Die multidissiplinêre Operasie Vala Umgodi-span in die Namakwa-distrik, bestaande uit SAPD- en SANW-lede, het Saterdag vier individue vir onwettige jag in hegtenis geneem.
‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers Merapelo Pilane, het gesê die span het gereageer op inligting oor onwettige mynbedrywighede by ‘n wildplaas, Toe hulle die polisie sien naderkom, het hulle in ‘n groen Mitsubishi Colt-bakkie weggejaag.


Lede van die taktiese reaksiespan het die voertuig agternagesit en daarin geslaag om dit te stop en vier insittendes binne gevind. 
’n Soektog na die voertuig het ’n rooibokkarkas en drie jaggewere aan die lig gebring. 
Verdere ondersoek het getoon dat die verdagtes nie jagpermitte het nie en dat die plaaseienaar onbewus was van enige jagtogte op sy eiendom.
Daar is beslag gelê op die karkas en jaggewere, en die vier verdagtes, tussen 23 en 53 jaar oud, is vir betreding en onwettige jag in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Maandag in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.