Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KLEINZEE: As deel van die onderdrukking van onwettige mynbou en verwante misdade in die Noord-Kaap, het multi-dissiplinêre spanne van Operasie Vala Umgodi ‘n man gearresteer vir die besit van ‘n vermoedelik ongeslypte diamant en agt ander vir die oortreding van die Immigrasiewet in die Frances Baard- en Namakwa-distrikte.
Provinsiale polisiewoordvoerder, sers Merapelo Pilane, het gesê die Namakwa-span het die aand van 11 September ‘n wenk ontvang oor ‘n voertuig wat vermeende onwettige mynwer-kers tussen Kleinzee en Koingnaas vervoer het. 
Op grond van hier-die inligting het die span die voertuig langs die R355-pad onderskep.


Tydens ‘n deursoeking van die voertuig is die bestuurder in die onwettige besit van ‘n ongeslypte diamant gevind. 
Hy is in hegtenis geneem, aangekla en het op 12 September in die Springbok-landdroshof verskyn waar hy op waarskuwing vrygelaat is.
Intussen het die span in die Frances Baard-distrik op 12 September ontwrigtende operasies in die Kenilworth-omgewing in Kimberley uitgevoer. 
Hulle het ‘n groep van agt mans voorgekeer en deursoek en ontdek dat hulle onwettig in die land was.
Die mans is gearresteer vir die oortreding van die Immigrasiewet en aan immigrasiebeamptes oorhandig. Hulle sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Die nege arrestasies beklemtoon die voortdurende pogings van Operasie Vala Umgodi om onwettige mynbou te bekamp en immigrasiewette in die Noord-Kaap af te dwing.