Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Daar heers ‘n oorverdowende stilte oor die vordering van die moordsaak, waar ‘n beweerde inbreker, ‘n 37-jarige lid van die gemeenskap - wie wou help om hom vas te trek, doodgesteek het.
In Mei vanjaar het die Gemsbok berig oor die kontroversie van die vermoedelike “reeks inbreker” en beweerde moordenaar, wie na sy hoogs ‘traumatiese’ arrestasie, dieselfde week sommer deur die hof vrygelaat en sy saak nie op die hofrol aangebring is nie.
Volgens  Herman Espach, van Rhino Sekuriteit op Upington, word die verdagte daarvan verdink dat hy  by verskeie inbrake betrokke was.
Rhino, in samewerking met verskeie afdelings van die SAPD, het sedert die nuutste inbraak in Keidebees, leidrade opgevolg en eindelik op die spoor van die vermoedelike inbreker gekom.
Hy is in ‘n informele woongebied naby Rosedale opgemerk en Rhino het dadelik gemobiliseer om hom vas te trek.


Toe Rhino die verdagte probeer arresteer, ruk hy glo ‘n mes uit en begin dit verwoed rondswaai - ‘n waarkuwingskoot is in die grond afgevuur - waarna die verdagte op die vlug geslaan het.
Tientalle gemeenskapslede het die verdagte, saam met Rhino se span agterna-gesit en in die geworstel om hom vas te trek, het hy ‘n jongman in die nek gesteek.
Die man het op die toneel aan sy wond beswyk.
Die verdagte is kort na die voorval vasgetrek.
Die verdagte is bykans onmiddelik vrygelaat en sy saak is van die rol geskraap. 
Dit het die gemeenskap behoorlik warm onder die kraag gelaat.
  Kort na die Gemsbok se berig hieroor, is ons is kennis gestel dat die verdagte weer gearresteer is.
Die Gemsbok het intussen gerugte gehoor dat die verdagte weer op vrye voet is, sonder dat daar behoorlike ondersoek na die saak gedoen is.
Navraag aan die SAPD oor die vordering van die saak is met stilte beantwoord.
Gemsbok het na Espach uitgereik om te hoor oor die vordering van die saak, aangesien hy ‘n sleutel faktor in die ondersoek moet wees.
“Ek is sowat ‘n week gelede vir die eerste keer genader deur die SAPD om ‘n verklaring oor die insident af te lê, het Herman by navraag oor die saak gesê.
“Dit steek my dwars in die krop, want nie net dui bewyse daarop dat die verdagte ‘n hele rits oortredinge op sy kerfstok het nie, maar ‘n man moes met sy lewe boet om hom vas te trek en nou lyk dit asof die gereg nie sy kant gaan bring nie.”
Daar heers tans ‘n groot bekommernis dat daar meer agter die kap van die byl is, as bloot die versuim om ‘n moordsaak, met tientalle getuies, te ondersoek.