Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 GEMSBOK-UPINGTON:  Na ‘n jare-lange hofstryd tussen Sakkie Spangenberg (Oranje Watersport), wat met tender bedrog begin het en daarna in ‘n uitsettingsbevel geëindig het,  lyk dit of die drukkoker  se deksel nie meer die konflik binne kan hou nie.
Dit volg nadat Sakkie die afgelope naweek verskeie videos op sosiale media geplaas het, waarin daar uitgebeeld word dat hy deur verskeie mans aangerand is. 
Die oorspronklike perseel vanwaar Sakkie vir 27 jaar reeds die Arkie bedryf, blyk weereens die middelpunt van die bakleiery te wees.Nadat Dawid Kruiper Munisipaliteit die uitsettingsbevel teen Oranje Watersport gewen, wat beteken dat Sakkie Spangenberg, Olivierpark binne minder as 60 dae moes ontruim.
 Is daar glo met onderhandelinge aan Sakkie gesê dat hy steeds die arkie op die perseel kan vasmeer en dat DKM aan hom ten minste drie maande kennis sal gee, wanneer hy daar moet padgee.
Ten spyte van verskeie gerugte oor wie nou  oor die perseel koning kraai, lê die grond al vir ‘n jaar dormant.
Die rivierwal is beskadig gedurende die mees onlangse vloede. Die swembad is leeg. Die gras is dood en die ablusie geriewe blyk dieselfde lot as alle openbare munisipale geriewe te ly.


Verlede jaar is  ‘n kontroversiële swembad partytjie gehou, waarvan die water en die krag op Sakkie se onkostes was, sonder sy toestemming.
Hy is verlede jaar deur die partytjie organiseerders aangerand, gedreig en intimideer.
Geskiedenis het homself die afgelope naweek nou herhaal. Sakkie het die afgelope naweek ‘n video probeer maak, waar ‘n munisipale waterlorrie besig was om  water in die swembad op die perseel te tap.
Blykbaar weer vir ‘n partytjie en weer op Sakkie se onkostes.
Daar het ‘n onderonsie begin en Sakkie en van die manne wie betrokke was by die watertappery het handgemeen geraak. 
In van Sakkie se videos kan jy sien hoe die bloed vanaf sy oogbank en lip drup.
Hy meen dit is nie die eerste keer dat hy aangerand, sleggesê, gespoeg en verneder word deur groot kokkedore, wie eienaarskap van die perseel beweer nie.
Dit is onduidelik of enige van die persone in die video werksaam of geaffilieer is by die Dawid Kruiper Munisipaliteit.
Dit het op sosiale media in ‘n rasse insident ontaard, maar volgens ingeligtes kan die dryf agter die konflik aan die voete van die geldgode gelê word.
Hierdie nuutste onderonsie, kom skaars ‘n paar weke nadat DKM ‘n skrywe aan Sakkie gerig het, waarin hulle aan hom die  agterkant van die Rugbyveld aanbied, van waar hy sy Arkie kan bedryf. DKM beweer dat hulle hierdie perseel nie meer vir  basiese dienslewering benodig nie, en daarom bied hulle aan Sakkie die geleentheid om die perseel in ‘n nuwe vasmeer plek vir die Arkie te omskep.
Die volgende redes vir die besluit  word as volg deur DKM aangevoer:   Die Raad ondervind grootskaalse vandalisering en beskadiging van die Raad se bates op die terrein en die Feesterrein. 
Die beskerming en beveiliging van die terrein deur die Huurder sal beteken dat die Raad se bates be-skerm word en dat die Raad minder sal spandeer op herstelwerk en die vervanging van beskadigde bates. 
Dit sal ook die terrein dan weer toeganklik maak vir gebruik deur die publiek.  
 Daar is wel ‘n hele string voorwaardes aan die ooreenkoms gebonde.
Sakkie mag niks sonder die insae van DKM daar doen nie en die perseel moet altyd tot hulle beskikking wees vir gebruik.
Sakkie is finansiëel verantwoordelik vir die heraansluiting van water, krag, ablusie en alles wat deur die jare op die perseel afgebreek  en gesteel is.
Die verhuring van die rugbyveld en die “Feesterrein” word deur die raad gedoen  en kan ter eniger tyd deur die raad vir enige doeleindes aangewend word. 
Dawid Kruiper het oor die jare heen die publieke ontspanningsgeriewe in sy regsgebied so laat verval, dat hulle glad nie meer kan bekostig om dit te laat herstel  of onderhou nie. 
Nou wil hulle onder die skyn van ‘n “witvlag” die finansiële las, op ‘n reeds bankrot Oranje Watersport, afskuif.
“Ek het nie die geld om weer ‘n terrein te ontwikkel nie. Ek het nie vertroue in enige van DKM se beloftes en ooreenkomste nie. Ek moet onder begin. Oranje Watersport, wat my besigheid was, is lankal leeggetap. Ek kan nie eers vir elkeen ‘n pakkie tjips koop nie.” het Sakkie onlangs aan die Gemsbok gesê.