Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het vandeesweek Eskom se inkomste aansoek vir die volgende drie boekjare gepubliseer.
Die nutsmaatskappy het verlede maand sy aansoek ingedien, terwyl verskeie organisasies glo met regstappe gedreig het.
Eskom doen aansoek vir R446 miljard vir die 2026-boekjaar; R495 miljard vir die 2027-boekjaar en R537 miljard vir die 2028-boekjaar.
   Wat beteken dit vir die verbruiker?
Die voorgestelde gemiddelde prysverhogings vir direkte Eskom-kliënte is:
36,15% vanaf 1 April 2025 tot 31 Maart 2026
11,81% vanaf 1 April 2026 tot 31 Maart 2027
9,10% vanaf 1 April 2027 tot 31 Maart 2028.


“Ingevolge sy inkomstebesluit sal Nersa dan tariefbesluite neem vir implementering vanaf 1 April 2025. Eskom kan slegs tariefbesluite wat deur Nersa geneem word, implementeer,” het Eskom in ‘n verklaring gesê.
Calib Cassim, finansiële beampte van Eskom, het gesê die nutsmaatskappy gaan die volgende fase van die reguleringsproses binne waar Nersa uitgebreide openbare konsultasies oor Eskom se inkomste  aansoek sal doen.
Cassim het bygevoeg dat soos Nersa sy besluit neem, dit bekostigbaarheid vir geïdentifiseerde kwesbare sektore sal oorweeg, insluitend behoeftige kliënte en sekere nywerheidsektore.
“Eskom het sy inkomste-aansoek gedoen op grond van die koste wat dit sal aangaan, om elektrisiteit doeltreffend aan die klant te verskaf, Dit is ‘n kritieke komponent om te verseker dat die diensverskaffer voortgaan om betroubare elektrisiteitsdienste te verskaf.
Nersa sal met belanghebbendes konsulteer oor Eskom se inkomste aansoek, as deel van sy besluitnemingsproses.
Intussen het Afriforum aan die lig gebring, dat verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap ‘n hofbevel oor die nuwe elektrisiteitstariewe van NERSA, minag.
AfriForum het vroeër die week aan die Gemsbok gesê hy het die Karoo Hoogland-, Gamagara-, Kai !Garib-, Dawid Kruiper-, Ga-Segonyana-, Namakwa- en Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteite gemaan om gehoor te gee aan die onlangse hofbevel - wat elektrisiteitstarief verhogings as onwettig verklaar - indien munisipaliteite nie die nodige koste studie ingedien het nie. 
Die organisasie versoek dat die munisipaliteite hierdie bevel onmiddellik nakom. 
Volgens die organisasie is dit onaanvaarbaar dat die munisipaliteite die hofbevel minag en in ’n skrywe aan die munisipaliteite het AfriForum ’n duidelike aksieplan geëis oor hoe die munisipaliteite van plan is om terug te keer na verlede jaar se tariewe, in ooreenstemming met die uitspraak. Die brief doen spesifiek ’n beroep op die munisipaliteite om te verduidelik hoe hulle van plan is om aan die bevel te voldoen en hoe lank dit gaan neem.
“Ons wil nou druk plaas op die munisipaliteite om te verseker dat die munisipaliteite aan die hof se uitspraak voldoen en verbruikers beskerm teen onwettige tariewe,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari. 
“Hierdie uitspraak is reeds in Augustus vanjaar gelewer en die munisipaliteite het steeds nie die verbrui-kers laat weet hoe die pad vorentoe lyk of hoe hulle van plan is om aan die hofbevel gehoor te gee nie.” 
AfriForum moedig alle verbruikers aan om ’n dispuut te                verklaar teen hul rekeninge, weens die onwettige tariefverhogings.