Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Slagoffers wat onder valse voorwendsels van Upington  na Johannesburg gelok is en tot prostitusie gedwing is, het vandeesweek ‘n mate van geregtigheid gekry toe - een van hul handelaars skuldig bevind is.
Die Gautengse afdeling van die hooggeregshof in Johannesburg het die 36-jarige Emmanuel Uzoaga skuldig bevind aan mensehandel, uitlatings, bedrog en die oortreding van die Immigrasiewet.
Volgens luitenant-kolonel Tebogo Thebe, woordvoerder van die Noord-Kaap Valke, het Uzoaga se regspro-bleme in Mei 2021 begin. 
Die Upington-polisie het ‘n anonieme wenk ontvang, dat Uzoaga op die punt was om ‘n 18-jarige slagoffer na Johannesburg te vervoer vir seksuele uitbuiting. 
Aanvanklike ondersoeke het aan die lig gebring dat Uzoaga die slagoffer voorheen na dieselfde plek vervoer het.


Die polisie het ‘n deursoekingslasbrief vir die geïdentifiseerde plek gekry, wat in Mei 2021 uitgevoer is by ‘n huis in Lonehill, Johannesburg, wat in ‘n bordeel omskep is. 
Tydens die soektog het die polisie drie bykomende slagoffers gered en twee ander verdagtes gearresteer.
Uzoaga en sy medepligtige, die 32-jarige James Okhudili Ugwuoke, albei Nigeriese burgers, is sedert hul inhegtenisnemings in onderskeidelik Upington en Johannesburg in aanhouding. 
Die derde beskuldigde, die 27-jarige Luzinda Pinky Abraham, was aanvanklik een van die geredde slagoffers. 
Verdere ondersoek het egter haar betrokkenheid by die misdaad aan die lig gebring, wat gelei het tot ‘n lasbrief vir haar inhegtenisneming.
Die ondersoek het aan die lig gebring dat al die slagoffers van Upington  onder valse voorwendsels deur Abraham, wat met Ugwuoke verbind is, gelok is. 
Abraham het as ‘n werwer opgetree en haar vriende na Johannesburg gebring, waar hulle tot prostitusie gedwing is en daagliks dwelms gevoer is. 
Abraham is skuldig bevind aan vervalsing.
Die saak is tot 9 Oktober vir vonnisoplegging uitgestel.
Die provinsiale hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Hawks) in die Noord-Kaap, generaal-majoor Steven Mabuela, het sy span en die aanklaer geloof vir hul           ywerige werk.