Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie in Upington ondersoek ‘n moordsaak na ‘n voorval in Melkstroom, wat in die vroeë oggendure van Saterdag, 28 September 2024 plaasgevind het.
Daar word beweer dat die gemeenskapslede vlamme opgemerk het wat uit die huis van die oorledene kom. 
Lede van die gemeenskap het die brand geblus en op die liggaam van ‘n 52-jarige inwoner, met ernstige kopbeserings, afgekom. 
Die polisie is in kennis gestel en ‘n soektog na die verdagte wat van die toneel gevlug het, is van stapel gestuur.


Die polisie het daarin geslaag om die 35-jarige man wat ‘n familielid van die oorledene is, op te spoor en in hegtenis te neem. Die motief agter die moord moet nog ondersoek word. 
Die verdagte sal na verwagting vandag, 30 September 2024, in die hof verskyn.
Die bestuur in ZF Mgcawu Distrik het hierdie voorval veroordeel en ook die gemeenskapslede geloof vir hul bystand om die toneel te bewaar