Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse SAPD-bestuur het die onlangse ondersoek onder leiding van speur-ao Jacques Ockhuys van die Upington Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid geloof. 
Die ondersoek het gelei tot ‘n aansienlike vonnis vir die 35-jarige Elcardo Vilander, wat deur die Upington-streekhof aan veediefstal skuldig bevind is.
Provinsiale polisiewoordvoerder, sers Omphile Masegela, het berig Vilander is in September 2020 betrap terwyl hy 30 skape ter waarde van R59 400 vanaf Horseback, naby Philandersbron, vervoer het. Tydens ‘n voorlopige ondersoek het die Rietfontein SAPD ontdek dat die skape van ‘n plaas naby Hakskeenpan gesteel is.


Die polisie het beslag gelê op die gesteelde skape en Vilander in hegtenis geneem, wat nie ‘n redelike verduideliking vir sy besit daarvan kon gee nie. Die eienaar van die skaap is in kennis gestel en het die diere as sy eiendom bevestig deur die geregistreerde tatoeëermerke op hul ore te identifiseer. 
Die skape is daarna aan hul regmatige eienaar terugbesorg.
Vilander is skuldig bevind op ‘n aanklag van veediefstal en gevonnis tot ses jaar direkte gevangenisstraf, met twee jaar wat vir ‘n tydperk van vyf jaar opgeskort is.