GEMSBOK-PRIESKA: ’n Jongman sal agt jaar tronkstraf uitdien, omdat hy sy pa se meisie - op hul plaas in Prieska verwurg en doodgeskiet het.
Die hooggeregshof in Kimberley het Frans Cornelius Vermeulen (25) tot 12 jaar gevonnis en skuldig bevind vir die moord op Sharifa Brown (27), waarvoor vier jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Hond wys waar Dawid die onwettige plante geplant het
GEMSBOK-SPRINGBOK: Delta, die SAPD se plantopsporingshond, het die afgelope naweek aan onwettige plant handelaars gewys waar Dawid die wortels geplant het.
Delta wat opgelei is om vetplante op te spoor, het die kwaliteit van sy opleiding tydens ‘n polisie-optrede in Springbok vertoon, waar twee mans gearresteer is vir die onwettige besit van 1760 bedreigde plante.
Buitelanders wou SAPD-lede laat vermoor
GEMSBOK-UPINGTON: Upington: sewe verdagtes moet in die hof verskyn vir sameswering om moord te pleeg.
’n Geheime operasie is gedurende die ure van Sondagoggend, 15 Oktober 2023, deur lede van Upington-grenspolisie bygestaan deur die Noord-Kaapse taktiese reaksiespan (TRT) uitgevoer - dit het gelei tot die arrestasie van sewe Nigeriese burgers vir sameswering om moord te pleeg.
Daar word beweer dat die verdagtes saamgesweer het om sekere polisiebeamptes in Upington te vermoor aangesien hulle ‘n bedreiging vir hul dwelmhandelonderneming ingehou het.
DKM het riool probleme aangespreek
GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het oor die afgelope jaar verskillende probleem-areas van die riool infrastruktuur aangespreek en afgehandel.
Patrick Williams, skakelpersoon vir DKM, het die volgende persverklaring uitgereik wat werk in verskillende areas verduidelik: “Opknappingsprojek van Kameelmond Rioolwerke
Die bestaande rioolwerke geleë in Kameelmond, is herstel tot die oorspronklike kapasiteit, met verwysing na die verwerking van die grootmaat rioolafval. Die totale projek koste met verwysing na die herstel van die bestaande rioolwerke beloop R65 miljoen.
Veldbrande in distrik eis ses lewens
GEMSBOK-LOHATHLA: Ses soldate is dood en drie ander het tweedegraadse brandwonde opgedoen ná ‘n brand by die South African Army Combat Training Centre (CTC) in die Noord-Kaap uitgebreek het.
Die brand het Vrydag omstreeks 13:45 uitgebreek. Na wat verneem word, het die brand vanuit die westelike grens van die myn wat langs die oefenarea is, gekom.
Drie beseerde soldate is in die hospitaal opgeneem.