GEMSBOK-SISHEN: Vroeë kinderjare is 'n deurslaggewende deel van 'n kind se ontwikkeling en kwaliteit opleiding sal verseker dat 'n kind selfversekerd en gereed vir skool is.
Met gekwalifiseerde onderwysers sal alle kinders kwaliteit onderwys geniet en meer fasiliteite sal geskep word. Shiloh Training (Pty) Ltd, 'n geakkrediteerde diensverskaffer in Vroeë Kinderontwikkeling sorg vir kwaliteit VKO-onderwys en bied volledige kwalifikasies in NKR L4 en L5. Op 16 September 2023 is VKO-praktisyns, Klas van 2022, tydens 'n formele gradeplegtigheid vereer vir suksesvolle voltooiing van Verdere Onderwys en Opleiding Sertifikaat: Vroeë Kinderontwikkeling. Daphne Cornett van FAMSA, Kathu, het die sermonie met 'n hartlike boodskap geopen.