Lylle & Liam Pieterse het die afgelope paar weke Suid-Afrika in die Flanders Internasio-nale Skopboksbeker en Italiaanse Wêreldbeker verteenwoordig. Hierdie boeties van Kathu is beslis ‘n fors om mee rekening te hou. Lylle behaal 1ste plek in “Kick Light” en 1ste plek in “Continious fighting” en Liam ‘n 3de plek in “Points fighting”.
“Tydens die Italiaanse Wêreldbeker het Lylle homself teen verskeie opponente goed ‘verdedig en Liam het in twee gewigs-afdelings vir punte baklei. Beide seuns het ook hier hulle ouers trots gemaak.