Die Hoërskool Martin Oosthuizen se toneelgroep het weer die afgelope tyd op die planke geskitter.
Hulle het onder andere deelgeneem aan die 47ste Logan Fraserburg toneelfees.
Benewens baie toekenning en nominasies spog die groep met nie minder nie as drie Karoo-oskars.
Fraserburg Logan
toneeluitslae:
Nominasies:
Beste tegnies (Taurus)
Beste regie (Taurus)
Beste akteur (Zander)
Beste produksie (Taurus)
Beste ondersteunende aktrise (Lisa-Mari vir Selsusters)
*TOEKENNINGS*
Beste nuwe teks (Juf Alae vir Taurus)
Beoordelaarstoekenning vir Tienus vir sy hantering en ontwerp van die klankbaan van Taurus
Beste ondersteunende aktrise - Louise Hanekom (Selsusters)
Die Taurus produksie het ook uitstekend presteer tydens die ATKV se Vrystaatstreek.