Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die beskerming van kinders sal een van die prioriteite van die SAPD bly en  alle kinders binne die grense van Suid-Afrika het die reg om beskerm te word, dit is weer verlede week deur die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, beklemtoon.
Die Noord-Kaapse SAPD-eenhede vir ge-sinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS),vergesel deur die SAPD sigbare polisiëringseenhede, speurders, sektorpolisiëring, Womens Network, Men for Change, Gemeenskapspolisieforums, Maatskaplike Misdaadvoorkoming, die Veiligheidsdeelnemers van die Departement van Vervoerveiligheid en Skakeling, Onderwysdepartement, FAMSA en Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het Kinderbeskermingsweek tussen 29 Mei - 05 Junie 2024 gevier.


Die kollektiewe multidissiplinêre spanne in Frances Baard, Pixley Ka Seme, ZF Mgcawu, Namaqua en John Taolo Gaetsewe Distriktspanne het meer as 6 000 leerders en gemeenskapslede toegespreek rakende algemene afknouery, kuberafknouery, seksuele misdrywe, tienerswangerskap, sosiale euwels, gevaarlike wapens , dwelmmisbruik en skool/algemene dissipline.
Verskeie skole regoor die provinsie is besoek, naamlik Douglas, Warrenton, Kakamas, Pofadder, Port Nolloth, Warrenton, Tsineng, Kathu, De Aar, Marydale, Kuruman, Petrusville, Plooysburg en Van Zylsrus.
Die leerders is herinner aan basiese veiligheidswenke en aan hul reg om beskerm te word, met waardigheid behandel te word, om nie mensehandel te word nie, om skool toe te kan gaan, om versorg te word en om nie wreed behandel te word nie.
Die kinders is aangesê om hul liggame en dié van ander te beskerm en te respekteer. Hulle was verplig om die stilte te verbreek en uit te praat as hulle weet van iemand wat mishandel word.
Die leerders is deur die SAPD Provinsiale Orkes vermaak en het inkleurboeke, potloodhouers, boekmerkers, skryfbehoeftes, veiligheidswenk pamflette, toiletware en skoolskoene ontvang.
Die veldtog vorm deel van die SAPD wat Kinderbeskermingsweek en Jeugmaand erken, onder die tema “Beskerming van Suid-Afrikaanse kinders, 30 jaar later”.
Slagoffers of enige persoon wat kindermishandeling vermoed, kan die polisie kontak by 08600 10111. Jy kan ook Childline skakel vir hulp by 0800 0555 55 of Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se be-velsentrum by 0800 428 428.