Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Om gehalte-onderwys te bevorder deur plaaslike skole binne Namakwaland te ondersteun met infrastruktuur-opgraderings en instandhouding, het 'n plaaslike windkragaanleg met Laerskool Dr Izak Van Niekerk saamgewerk om 'n veeldoelige skoolsaal te bou. 
Hierdie saal sal dien as 'n ruimte vir verskeie skool- en gemeenskapsaktiwiteite, insluitend skoolbyeenkomste, fondsinsamelingsgeleenthede en gemeenskapsbyeenkomste, om sodoende 'n bykomende bron van inkomste vir die skool te verskaf.
Hierdie samewerkingspoging tussen Kangnas-windkragaanleg en Dr Izak Van Niekerk Primêre Skool in Bergsig, wat in 2022 begin is, beklemtoon die windkragaanleg se verbintenis tot gemeenskapsontwikkeling, veral met betrekking tot onderwys.


“Met erkenning van die dringende behoefte aan verbeterde infrastruktuur by Laerskool Dr Izak Van Niekerk, het ons die geleentheid aangegryp om die leeromgewing vir beide leerders en opvoeders te verbeter. Deur te belê in die bou van ’n veeldoelige skoolsaal en die ondersteu-ning van noodsaaklike fasiliteit-opgraderings, is ons toegewyd daaraan om ’n opvoedkundige omgewing te skep wat kreatiwiteit inspireer, groei bevorder en leerders en personeel bemagtig,” het Rouchet Daniels, Ekonomiese Ontwikkelingsbe-stuurder van Kangnas-windkragaanleg, gesê.
Die windkragaanleg het befondsing verskaf vir die bou van ablusiegeriewe, die installering van rioolstelsels en die plafon. In 2023 is verdere befondsing deur die windkragaanleg toegeken om die vloer (teëlwerk) te voltooi.
Mnr. Randall Peters, skoolhoof by Laerskool Dr Izak Van Niekerk, het opregte dankbaarheid uitgespreek en gesê: "Ons betuig ons opregte dank aan Kangnas-windkragaanleg vir hul onwrikbare ondersteuning. Die ruim befondsing het ons skool verander vanaf die voltooiing van ons skoolsaal tot die nou-keurige afwerking van vloere en teëlwerk in ons ablusieblokke. Die deurlopende ondersteuning verseker dat ons studente floreer in 'n bevorderlike leeromgewing, wat 'n beter toekoms vorm vir toekomstige geslagte.
Onder leiding van die skoolhoof en die senior beheerliggaamspan, kon die skool bykomende finansiële ondersteuning van verskeie belanghebbendes verkry. Die bydraes van die plaaslike gemeenskap, Departement van Onderwys, Departement van Openbare Werke, Nama Khoi, Noord-Kaapse Provinsiale Dobbelraad en plaaslike myne was instrumenteel om hierdie projek vorentoe te dryf.
Met slegs een finale fase oor, is die projek op koers om teen einde 2025 voltooi te wees, wat die weg baan vir opvoedkundige uitnemendheid en gemeenskapsbemagtiging in die gebied.