Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Ter viering van Wêreldwye Winddag, het Kangnas-windkragaanleg ‘n kompetisie geloods wat klem gelê het op hernubare energie.
Wêreldwye Winddag word elke jaar wêreldwyd op 15 Junie gevier.
Graad 9-leerders van vyf hoërskole regoor Namakwaland, het by Okiep Country Hotel bymekaar gekom vir die kompetisie.
Leerders moes  werkende turbinemodelle bou. Die doel was om belangstelling in hernubare energie aan te wakker en STEM-onderwys in die streek te ondersteun.
Befonds deur Kangnas-windkragaanleg, beklemtoon hierdie geleentheid verbintenis tot gemeenskapsbetrokkenheid en ondersteuning vir plaaslike onderwys.


“Die geleentheid bevorder nie net STEM-onderrig nie, dit verhoog ook bewustheid oor hernubare energie en die verskillende beroepsgeleenthede wat beskikbaar is wat nie net tot die hernubare energiesektor beperk is nie. Daarom, deur met plaaslike skole te skakel, help die kompetisie om vertroue en welwillendheid te bou. Om dus 'n sterker verhouding met die omliggende gemeenskappe te kweek,” sê Rouchet Daniels, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Kangnas-windkragaanleg.
St. Anna Privaatskool, wat as die kompetisiewenners uit die stryd getree het met hul innoverende turbinemodel en opstel oor hernubare energie, het die Turbine Triomf-trofee, individuele pryse, insluitend slimhorlosies en draagbare oorfone, en 'n R10 000 kontantprys vir hul skool ontvang. Hulle gaan ook later vanjaar die Kangnas-windkragaanleg besoek.
Skoolhoof Sylvia Cathi van St. Anna het haar trots uitgespreek en gesê: “Ons is baie bly en opgewonde oor ons oorwinning. Die hele Namakwaland het saam met ons fees gevier, want baie het die kompetisie op die radio gevolg. Ouers, opvoeders en studente is almal opgewonde en trots op ons span se prestasie.”
Die deelnemende skole was:  Hoërskool Concordia, Hoërskool Okiep, SA van Wyk Hoërskool, Hoërskool Namakwaland, Hoërskool St Anna en Hoërskool Nababeep.