Die Griekwaland-Wes tweekamp-kampioenskappe is verlede Saterdag met ‘n oorweldigende sukses op Upington aangebied. Die byeenkoms was daarop gemik om die span te kies wat die provinsie by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Oudtshoorn op 22 Maart sal verteenwoordig. Meer as 100 atlete het deelgeneem met ‘n oog op ‘n plek in die span.
Laerskool Oranje Noord se atlete blink uit by
Griekwaland-Wes Tweekamp.
Die hoogtepunte van die dag was die uitsonderlike prestasies van die top drie atlete:
Llewellyn Orffer – 2111 punte
McNeil De Waal – 2091 punte
Rynhadt van den Bergh – 2085 punte
Laerskool Kathu se tweekamp atlete het verlede naweek aan die Grie-kwaland-Wes Tweekamp-kampioenskap in Upington gaan deelneem en die onderskeie posisies in hul ouderdomsgroep behaal:
Blanche Lubbe 3de
Ashery Grobler 2de
Sarah-Faye Lubbe 5de
Wihan Pretorius 4de
Nicola Nysschen 2de
Anneske Smith 7de
Andrew Lubbe 5de
Mienke Pretorius 4de
Samuel Grobler 3de