GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Saalperdklub het verlede naweek die Noord-Kaap Saalperd Streekskou aangebied waartydens verskeie kampioene aangewys is.
Sestig (60) saalperde van regoor die Noord-Kaap het in 75 klasse deelgeneem. Die perde het gekom van die volgende stalle: Ernst Langner van Williston, Annelischa Bakkes van Postmasburg, Jannie Steenkamp van Carnarvon, Wim van Bergen, Wimco Stalle van Douglas, Karen Swanepoel van Douglas, Ki-Hara Stalle van Postmasburg, Kayla King van Upington, Natacha Visser van Douglas, Johan Wiese van Castel Rock Stables in Kimberley, Elize Cloete van Douglas, Elizabeth Meintjies van Doulgas en Chanika Labuschagne van Upington.
Saterdag met die middag-ete breek het Peu Bezuidenhout van Doorndraai Vriesperde ‘n vertoning kom lewer met sy spogperde. Daar is ook hulde gebring aan wyle Michael van der Westhuizen, wie deel was van die klub.
Die “Perd van die Skou” was Gift’s Blue Chip van Wim van Bergen van Douglas.
Kampioene sê mekaar die stryd aan
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode