Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

‘n Bekende in die perdekringe van Upington, Willem Nortjé, het vanjaar ‘n ongelooflike perde jaar gehad. Hy het altesaam drie kampioenskappe gewen en saam met die Noord-Kaap span die inter-provinsiaal gewen, asook ons land oorsee gaan verteenwoordig. 
Die seisoen het November 2023 begin met die Appaloosa Nasionale kampioenskappe waar Willem sy stoetery verteenwoordig het met At Last Fire Storm, ‘n Appaloosa merrie wat hy sewe jaar terug self geteel het. 
Tydens hierdie kampioeskappe het Willem en sy perd die volgende pryse verower: Best Western Stud in South-Africa, Best Western Horse under saddle, Supreme Champion Western Rider and Horse combination, Supreme Western Breeding Stock Mare en ook Overall Champion Western Horse at Halter.


 In Mei 2024 het Willem en sy Appaloosa Asuul, deelgeneem aan die Tentpegging Meesters kampioenskappe - die kompetisie is vir ruiters 50 jaar en ouer.  Willem en sy halfseksie maat, Basie Nel, het die trofee gewen vir die beste halfseksie. Willem het ook algeheel eerste geëindig in die land en is aangewys as Best Man at Arms. 
Willem het tydens die Meesters kompetisie gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Bricks Spele in Kazan, Rusland, tesame met sy spanmaat Norman Mostert en afrigter/bestuurder Gert van Wyk. Daar het Willem en Norman algeheel eerste geëindig in die “Team Event” en vir Suid-Afrika die goue medalje huis toe gebring. 
Willem is verkies tot die Noord-Kaap span wat bestaan het uit Willem Nortje, Basie Nel, André van Niekerk en Johan Van Niekerk Die Noord-Kaap span het die Inter-Provinsiale trofee gewen en as die kampioene uitgestap
Daarna het Willem aan die Tentpegging Nasionale Kampioenskappe 2024 deelgeneem. Tydens die kampioenskappe het Willem gesamentlik met Johan Jordaan, no 1  in die land geëindig met ‘ n vol telling van 192. Willem was weer aangewys as Best Man at Arms. Hy is ook gekies vir die Protea-span. 
Willem en die res van die Protea-span verteenwoordig volgende jaar vir Suid-Afrika tydens ‘n toets oorsee, waar hulle sal poog om vir Suid-Afrika te kwalifiseer vir die Wêreldbeker wat in 2026 sal plaasvind. Willem se een spanmaat van SAs 2024, Cecilia van Niekerk, is tydens dieselfde geleentheid verkies tot die Protea-damesspan en Basie Nel is verkies tot die President-span