Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 Die Upington Lions krieketklub het verlede Saterdag die bordjies hier teen College verhang nà twee teleurstellende vertonings onlangs in die ZFM-Krieketliga wat tans op ‘n hoogtepunt uitloop onder die plaaslike en nabygeleè spanne.
NCRTVET Krieketklub het eerste gekolf en ‘n skaflike telling van 159/9  (36 bbe) in sy toegelate 40 boulbeurte aangeteken waarin Rudolph Julie (60 van 80 balle) en Angelo Christians met sy 46 lopies van 32 balle die stang stewig vasgebyt het om hul span na daardie aansienlike beurt te neem.


Pierre Delport met sy mediumaflewerings het 3 paaltjies laat kantel vir slegs 22 lopies.
Hierna het Lions se Nielbert Kitching (43, 21 b), Chris Voges (29*, 13 b) en Pierre Delport (28*, 19 b) ‘n goeie vennootskap van 39 lopies om die 5de paaltjie aangeteken om Lions oor die wenstreep te kry.
Pierre Delport, wat op die dag se spel met bal en kolf uitgeblink het, is aangewys as “Speler van die Wedstryd”.
* Carltonians is tans die voorloper met 28 ligapunte gevolg deur Lions (25). Die span van Dragons (24) en Duineveld met 20 ligapunte is die ander spanne wat in mekaar se nekke blaas.
Lions is eerskomende naweek slaags met Kenhardt en op 9 Desember vind die eindstryd plaas, het Elreeve Titus van Lions ons meegedeel.