Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die inter-provinsiale tweekampbyeenkoms, wat op ‘n warm Noord-Kaapse Saterdag  plaasgevind het, was ‘n groot sukses - met meer as 200 atlete wat die hitte aangedurf het. 
Die byeenkoms was in Kimberley - in samewerking met Griekwaland-Wes tweekamp.
Atlete van Noord-Wes, Vrystaat en Griekwaland-Wes het mekaar die stryd aangesê en uiteindelik het Griekwaland-Wes as die provinsiale kampioene met die louere weggestap.


 Laerskool Oranje-Noord was die wenners van die laerskole  kompetisie en Hoërskool Duineveld was die wenner van die hoërskole kompetisie. 
Upington is voorwaar  trots  op sy skole.
Die geleentheid het ‘n besonderse prestasie behaal met die deelname van drie atlete bo 70 jaar. 
Cecilia Bray, Bossie Breedt en Archie Markgraaff het die jong atlete gewys hoe dit gedoen moet word.
 Tweekamp is ‘n sport wat  100% staatmaak op vrywilligers -  wat hul tyd opoffer  om die sport so ‘n groot  sukses te maak.  Die tweekamp het bewys dat dit nie net ‘n kompetisie is nie, maar ook ‘n viering van toewyding,deursettingsvermoë en gemeenskap - wat dit so lekker maak.
Dit was ‘n dag van prestasie en samewerking - wat die tweekamp gemeenskap in die Noord-Kaap saamgebring het.