Narike Hoft en Cailin Nel, twee Noord-Kaap Ruiterkuns-ruiters, het in Desember aan ‘n internasionale kompetisie teen die VSA deelgeneem en is onderskeidelik as kapteine gekies vir twee spanne.
Die kompetisie het in Parys (SA) plaasgevind.
Cailin is as die 3- Gang kaptein vir die SA Juniorspan gekies - die span het silwer gewen.
Narike is as die 5- Gang SA Junior kap-tein gekies en die span het goud gewen.
Narike het in beide spanne deelgeneem en dus ook ‘n silwer medalje verdien. Beide hierdie ruiters het uitstekende punte vir hul spanne verdien en bewys dat - ten spyte van die lang afstande en opoffering, om by hul afrigter in ‘n ander provinsie te gaan oefen -hul harde werk beloon word.
Beide ruiters word afgerig deur Martin Pienaar van Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein. Dit is die tweede jaar in ‘n ry dat twee Noord-Kaap ruiters as die twee spanne se kapteins gekies is en ook Narike se tweede jaar as kaptein.