UPINGTON: ‘n Nuwe era in die plaaslike sokker administrasie het verlede Saterdag in die Dicky Jacobs-stadion afgeskop toe Upington City FC - die besoekende span van JDR Stars FC met 3-1 verslaan het.
‘n Nuwe liga, die Motsepe Kampioenskappe, is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Sokker Federasie (SAFA) op die been gebring.
Dit gee aan sokkerspelers dwarsdeur die land die geleentheid om in ‘n tweede liga hul talente ten toon te stel.
City het Saterdag op ‘n indrukwekkende wyse getoon hulle kan hul man staan teen die bestes wat daar is. Die wedstryd is in ‘n baie vinnige tempo gespeel op ‘n verbeterde grasoppervlakte waarin die spelers die oomblik geniet het. City het met goeie aanvallende spel die besoekers uitoorlê.
Met rustyd was die wenspan met 2-1 voor nadat Carl Lark in die 5 de minuut van die wedstryd die bal met ‘n kopskoot in die doelhok geplaas het. Tien minute daarna het Stars se doelskieter die bal teen ‘n City-verdediger geskop en die bal het in die doelhok van sy been gedeflekteer.
Laat in die tweede helfte het City die wedstryd bo alle twyfel in hul guns geswaai toe Keletso Makgalwa die wenspan se derde doel met ‘n skitterende hoekskop verby die besoekers se doelwagter geplaas het.
* Die volgende wedstryd in hierdie tweede liga van die Motsepe Kampioenskappe vind aanstaande jaar in Februarie plaas.