Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die jaarlikse Kroondal basaar het op Saterdag 8 Junie plaasgevind en was soos altyd `n reuse sukses. 
Die besoekers het vroeg reeds aangekom en die jeug se pannekoekstalletjie en teetuin ondersteun. Die weer het fantasties saamgespeel, hulle kon dit nie beter bestel het nie. Daar was ongeveer 1 100 mense van heinde en verre. Die kinders het aan al die aktiwiteite deelgeneem en veral die tradisionele poppekas geniet wat deur die graad 7-leerders aangebied is.

Die kinder-tombola was ook ‘n wenner. Soos by elke basaar was daar baie kos en drinkgoed, en die aartappel-poffers (Kartoffelpuffer) en Schnitzel was weereens wenners. Die drinkgoed het ook aan almal se smaak voldoen. Die teetuin met spesiale Kroondal-gebak het goeie besigheid gedoen. Die wit-olifant- en boeke-stalletjie het vir verrassingsaankope vir oud en jonk gesorg. Verlede jaar het `n nuwe stalletjie: plante, hul verskyning gemaak en was hierdie jaar weer eens ‘n reuse sukses. Kroondal basaar is veral bekend vir die verskeidenheid varkvleisprodukte wat gemaak en verkoop word, asook die gerookte biltong en droëwors. Daar word altyd geduldig in rye gewag en as die klok om 13:00 lui…dan word die gewilde produkte verkoop. Die tradisionele koperblaasorkes het vir wonderlike musiek gesorg. Laatmiddag is een van die hoogtepunte die veiling. Daar kry almal die geleentheid om op ‘n verskeidenheid items te bie en dis veral gemik op mense wat voel dat hulle nog nie ‘n groot genoeg bydrae vir die gemeenskap gemaak het nie - R93 000 is deur die veiling ingebring. Die fondse word alles vir die kerk en die skool aangewend. Die laaste deel van die basaar word altyd met ‘n groot kampvuur afgesluit met heerlike sop, Glühwein en natuurlik ‘n dans. Die Gemeente-jeug is verantwoordelik vir die aand se verrigtinge. ‘n Uitstaande kenmerk in Kroondal is dat almal met ywer saamgewerk het om die geleentheid weer eens ‘n reuse sukses te maak. Hulle bedank die Kroondalgemeenskap, en veral die skoolouers vir hulle harde werk. Dankie ook aan Rustenburg en omgewing se inwoners wat elke jaar die basaar ondersteun.