Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD – RUSTENBURG - Die 1974-matrieks van Hoërskool Rustenburg het op 25 Mei behoorlik gekuier, saam gesels en gebraai om hul vyftig jaar van “vryheid” na matriek te vier!
Vlam Pieterse, ‘n hedendaagse Comrades marathon-veteraan het twee skape op die spit gegooi en die tyd het gevlieg soos stories van toeka se dae gedeel is. 

Daar is heeltyd luid gekuier onder die geklank van “Onthou julle nog...”’, wat aan die orde van die dag was. Vriende van sover as München in Duitsland, Mosambiek, en ook die Wes- en Oos-Kaap, Kwazulu-Natal en Mpumalanga het saamgetrek om herinneringe te deel. 
Adriaan Haupt (voormalige hoofseun) en Friedeburg Wenhold (voormalige hoofmeisie), het ‘n terug- en toekomsblik voorgehou waaraan almal deelgeneem het. Sal ons ou kennisse ooit vergeet?