Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Onder die vaandel van "50 Jaar van Genade", hou Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys hierdie week 'n musiekfees om hul vyftigste bestaansjaar te herdenk.
Alhoewel die koue tydig en ontydig byt, is die geleentheid om van ons dorp se musikale talent in lewende lywe te sien, nie een om verby te laat gaan nie.

Die plaaslike gemeenskap word uitgenooi om kwaliteit-tyd saam met hul gesinne te spandeer en vermaak te word onder die sterre! Bernice West, wat optree tydens die geleentheid, sal ondersteun word deur plaaslike kore van Laerskool Rustenburg, Laerskool Vastrap en Bergsig Akademie. Die konsert, wat as 'n fondsinsamelingsprojek dien, vind Donderdag, 6 Junie om 17:30 plaas op die sportveld van Laerskool Vastrap. Kaartjies verkoop teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder die ouderdom van 12.
Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys is ‘n Afrikaansmedium skool vir leerders met verstandelik erg-gestremdhede en weens die skool se besondere aard, is dit belangrik dat die nodige ondersteuningstrukture en hulpmiddels gebied word aan leerders om kwaliteitonderrig ontvang. 
Die gemeenskap word uitgenooi om 'n goeie saak te ondersteun en ten spyte van die koue, die aand te kom geniet, aangesien daar ook verskeie kos- en drinkgoed te koop sal wees. Die skool, wat van onskatbare waarde vir die jonger geslag met buitengewone behoeftes is, het buitengewone steun van die gemeeskap nodig!
Kontak vir Retha op 014 597 0491 vir kaartjieverkope.