Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - “Dis beter om oud te word as om jonk dood te gaan.” 
Dít was die boodskap van Desiree Oosthuizen (streeksorganiseerder van Helpende Hand) toe sy die bejaardes van Sonskyn Aftree Oord tydens hul “Christmas in July” funksie toegespreek het. 
Die inwoners is bederf op Vrydag, 26 Julie deur lede van die plaaslike Helpende Handtak met ‘n laatoggend-geleentheid waartydens hulle warm sjokolade kon geniet - voordat die verrigtinge deur Oosthuizen geopen is met ‘n boodskap van dankbaarheid uit die Woord.

Vrywilligers van Helpende Hand het ook gesorg dat die inwoners elk die “kersfeesgevoel” kon kry met ‘n geskenkpakkie wat ‘n Weg-tydskrif, handgemaakte vatlappie en ‘n Bottel van Hoop ingesluit het. Die Bottel van Hoop bevat ‘n voorafverpakte dis wat opgetower kan word deur slegs 3l gekookte water by te voeg. 
Daarna is die bejaardes getrakteer met die film “Klein Karoo” tesame met die gebruiklike springmielies, wat ‘n fliek nou eintlik soos ‘n fliek laat voel. Die film het vir ‘n paar genotlike oomblikke gesorg wat deurgaans glimlagte en kommentaar uitgelok het. 
Maar Juliemaand is nie winter in Suid-Afrika sonder ‘n bakkie sop nie en tydens pouse het die taklede van Helpende Hande heerlike wildsvleis- en groentesop saam met broodjies aan die bejaardes opgeskep en bedien. Die vleis vir die sop is geborg deur HelpJag en die sop is voorberei deur Oom Paul Vaardigheidskool se koshuismatrone en haar span. Die sop is onder die geklank van Gé Korsten op die “langspeelplaat” geniet en toe was dit weer tyd om die fliek te hervat. Dit was tweede keer dat hiérdie tipe geleentheid by Sonskyn Aftree Oord aangebied is en die volgende een beloof om weer ‘n heerlike kuiergeleentheid te wees!
*Enige gemeenskapslede wat wil betrokke raak by Helpende Hand kan ‘n e-pos stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.