Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Inwoners van Gauteng en Noordwes kan hulle regmaak vir die soveelste waterkrisis wat krane in die twee provinsies nou enige dag kan laat opdroog. 
Rand Water het Saterdag, 12 Oktober, ‘n waarskuwing uitgereik dat opgaardamme en reservoirs tot aansienlik laer vlakke gedaal het sedert ‘n tweede hittegolf enkele weke na vanjaar se winter reeds sy verskyning gemaak het. In ‘n sterk-bewoorde verklaring waarsku Rand Water munisipaliteite in die streek - veral diegene wat hul water vanuit pompstasies en reservoirs in Gauteng ontvang, om hul waterverbruik dramaties in te kort ten einde nog ‘n waterskrisis te voorkom. 

Verskeie vergaderings en Imbizos tussen Rand Water en munisipaliteite het in die afgelope tyd hieroor plaasgevind en daar is ernstig besin oor wat munisipaliteite te doen staan. 
Rand Water sê onder meer in die verklaring dat waterverskaffingsinstallasies krities laag is en as’t ware by die dag versleg as gevolg van die voortslepende hittegolf. Die nasionale waterverskaffer het ook gewaarsku dat sy verskaffing aan munisipale waterinfrastruktuur tans teen maksimum-kapasiteit geskied maar dat daar geen waarborg is dat die waterverskaffingsnetwerk nie binne enkele dae uitgeput kan raak nie. 
In die lig hiervan het Rand Water ook by munisipaliteite gepleit om fisiese waterverliese as gevolg van gebarste pype, lekkende infrastruktuur en onvoorsiene verliese tot die minimum te beperk. In die sogenaamde “No Drop” verslag is gemeld dat waterverliese van 33% in die Gauteng/Noordwes-streke ‘n bron van groot kommer is. Hy het munisipaliteite aangemoedig om lekkende installasies onverwyld te herstel, om bywette en regulasies ten opsigte van waterverbruik en verlies streng toe te pas, en veral om onwettige aansluitings te beperk.  Daar is intussen verneem dat die vlak Barnardsvlei-reservoir digby die Buffelspoortdam - die “blink” tenks op die heuwels net suidwes van Mooinooi, tans op 35% “huiwer”. Die Barnardsvlei-reservoir is die hooftoevoer-reservoir tussen verspreiding vanaf Gauteng en Rustenburg en omliggende omgewings. Rustenburg en omgewing staar ongetwyfeld ‘n reuse krisis in die gesig indien Barnardsvlei sou leegloop. 
Rustenburgse verbruikers word aangemoedig om water uiters spaarsaam te gebruik. Verbruikers is versoek om nie swembaddens vol te maak, tuine nat te lei, motors te was en plaveisels of sypaadjies af te spuit nie. Verrassend genoeg is waterbeperkings ten spyte van die dreigende krisis nog nie ingestel nie. Intussen word daar gehoop en gebid dat goeie neerslae wat die afgelope week deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel is, inderdaad realiseer en groot verligting onder geaffekteerde waterinstallies sal meebring.