Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op Saterdag, 14 September het Laerskool Rustenburg se boogskietspan deelgeneem aan die Kraalhoek 3D Interskole-boogskietkompetisie by die Kraalhoek Boogskietbaan. 
In hierdie unieke 3D-kompetisie het die deelnemers op teikens in die vorm van realistiese 3D-diere geskiet.

Die Larries-span het nie net hul doelwitte behaal nie, maar dit met oorweldigende sukses oortref. Met 'n mooi wentelling van 1578 uit 1800, is Larries aangewys as die Kraalhoek 3D Interskole-kampioene vir 2024, wat ook die hoogste telling van die jaar is!
Die Larries seunsskuts het vyf van die top 10 plekke verower, terwyl die dogterskuts vier plekke in die top 10 ingeneem het. Die volgende skuts het besonder goed gevaar: Niel Schmidt het eerste geëindig onder die primêre-seunsskuts met 'n telling van 277 uit 300, Micayla Meyer het eerste geëindig onder die primêre-dogterskuts met 'n telling van 261 uit 300 (meer 10’e) en Chene van Niekerk het tweede geëindig onder die primêre-dogterskuts met 'n telling van 261 uit 300.