Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - NICE - Die 111de uitgawe van die Tour de France het Sondag van die afgelope naweek op 'n hoogtepunt afgesluit toe die Sloveen Tadaj Pogacar ook die laaste skof en individuele tydtoets gewen het en in die proses die eerste ryer in 25 jaar geword het om die Giro de Italia en die Tour de France in een jaar te wen. 
Die laaste ryer wat hierdie prestasie behaal het, was die legendariese Marco Pantani van Italië. 

Pogacar het bewys dat hy as veelsydige ryer tans nie sy gelyke in die wêreld het nie en het in vanjaar se Toer nie minder nie as ses skofoorwinnings behaal. Hy het met sy oorwinning vergoed vir die afgelope twee jaar se nederlae teen die Deen Jonas Vingegaard wat vanjaar met die tweede plek tevrede moes wees. 
Hoewel die Suid-Afrikaanse en voormalige Rustenburgse ryer - Louis Meintjes - nie vanjaar sy heel beste jaar by die Tour de France beleef het nie, is daar steeds baie rede om trots te wees nadat Louis Sondag in die 20ste posisie in die algehele klassifikasie klaargemaak het. Louis se vorige deelnames aan die Toer het vir hom 'n algehele sewende plek en twee agtste plekke besorg wat hom die suksesvolste Suid-Afrikaanse ryer in die geskiedenis van professionele fietsry maak. As 'n mens in gedagte hou dat die Tour de France slegs vir die sowat 210 heel beste ryers ter wêreld beskore is, moet enigiemand saamstem dat 'n algehele 20ste plek in 'n internasionale fietstoer van hierdie statuur nie te versmaai is nie.
Sondag se skof - 'n individuele tydtoets tussen Monaco en die vakansiedorp Nice - was ook die finale skof van die TdF wat vanjaar vir die eerste keer in die toer se geskiedenis nie in Parys geëindig het nie, maar in Nice, vanweë die sekuriteitsreëlings met die oog op die begin van die Olimpiese Spele eerskomende Vrydag, wat vanjaar ook in die Franse hoofstad plaasvind. Sportliefhebbers vanoor die hele wêreld lek al die afgelope paar maande die lippe af vir die opening van die Spele wat eerskomende Vrydagaand beloof om 'n ongeëwenaarde skouspel te wees.