Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - POTCHEFSTROOM/KLERKSDORP - OFM is op die uitkyk vir sentraal-Suid-Afrika se volgende sangsensasie! 
OFM vat hierdie Maart die pad met ‘Showride’, hul splinternuwe buite-uitsaaieenheid, op soek na rou musiektalent. Dit is OFM-luisteraars se kans om hul liedjies op die radio te laat speel!

OFM sal elke Woensdag en Donderdag in Maart ’n dorp in sentraal-Suid-Afrika besoek en luisteraars sal hul sangtalent op die ‘Showride’-verhoog ten toon kan stel vir 'n kans om die beoordelaars beïndruk. Die groot prys? ’n Liedjie wat professioneel opgeneem en op OFM gespeel sal word!
Ná afloop van die vertoning van talent kan die singende hoopvolles en hul vriende en familie ’n opwindende ABBA-huldeblykvertoning deur OFM-aanbieder en musikant, Nadine Blom, geniet.
“Daar is geen beter manier om ons splinternuwe buite-uitsaaieenheid bekend te stel as om ons lojale luisteraars die geleentheid te gee om ons verhoog eerste te betree nie,” het Anchen Lintvelt, OFM se verkoops- en bemarkingsbestuurder, gesê. “Ons is opgewonde om te hoor watter uitstaande talent in sentraal-Suid-Afrika op ons wag. Dit is die geleentheid waarvoor enige aspirant-sanger gewag het.”
Hierdie is ’n eenmalige geleentheid om iemand se musikale drome ’n werklikheid te maak met OFM, die klank van jou lewe!
Die Trok Talent-toerdatums vir Noord-wes is soos volg:
19 Maart – Mooirivier Mall, Potchefstroom
20 Maart – Laerskool Saamtrek, Klerksdorp
Meer plekke en datums sal binnekort aangekondig word!
Daaglikse skedule:
• 12:00 – 14:50: Registrasies open. 
• 12:00 – 15:00: At Lunch, regstreekse buite-uitsending vanaf die lokaal.
• 15:00 – 17:00: Oudisies vind plaas.
• 17:00 – 18:00: ABBA-huldeblykvertoning met Nadine Blom. 
Vir meer inligting, kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.