Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - BirdLife Rustenburg: Hoe kry ‘n uil dit reg om geruisloos te vlieg? Hoekom is ‘n Maraboe Ooievaar se bene wit? Hoekom het ‘n Bontkiewiet ‘spore’ op sy elmboë?
As jy die antwoorde op die boonste vrae ken - of wil uitvind wat die antwoorde is – kan jy nie BirdLife Rustenburg se jaarlikse voëlfeite-vasvra mis nie. Bring jou voëlboek en/of jou voël-identifikasie selfoontoepassing en kom toets jou kennis.

Die vasvra word aangebied deur Brink Jordaan - een van die mees ervare voëlkykers in die Rustenburgklub met ‘n lewenslys van meer as 750 voëls. Dit is nie net ‘n geleenteheid om jou kennis te toets nie, maar ook om meer te leer by Brink en by die ander entoesiaste wat die vasvra bywoon.
Dit vind plaas op Maandag, 15 Julie 2024, om 18:30 by die Metodistekerk op die hoek van Brink- en Schuurmanstrate. Alle belangstellendes is meer as welkom – nie-lede betaal ‘n bywoningsfooi van R30.
Indien jy meer wil uitvind oor die klub en dié se aktiwiteite is jy welkom om vir Charles Foot by 073 452 3874 te skakel.