Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Chris Grobler is ‘n 11-jarige kankerlyer en sy mediese kostes is hemelhoog. Hy moet gereeld bloedtoetse ondergaan, wat elke keer tot R10 000 kos.

‘n Gholfdag vind op 28 Junie by die Orkney Gholfklub plaas en al die geld wat ingesamel word, sal vir die laerskoolseun se mediese onkostes gebruik word.

 

 

Volgens sy ma, Nelmarie, het die gesin ‘n mediese fonds, maar die fonds betaal net tot op ‘n punt, maar dan is al die mediese rekeninge nie vereffen nie. Klein Chris is in Laerskool Saamtrek en ontvang tans chemoterapie. Bloedkanker is verlede jaar by hom gediagnoseer. Sy tweelingsussie is gesond. “Hy wil so graag aan rugby deelneem, maar word baie gou moeg. Hy is so braaf en probeer ‘n normale lewe lei, maar dit is maar moeilik,” sê sy. Die gesin het ook ‘n BackaBuddy-profiel (chris jnr) vir hom geopen. 

Die formaat van die gholfdag is 4 Ball Alliance American Scramble Best Gross, met ‘n “shotgun” begin om 10:30. ‘n Vierbal kos R1 500 (halfweghuis ingesluit). Dit kos R2 500 om ‘n putjie te borg (sluit vierbal in). Skakel die gholfklub by 018 473 2899 om te bespreek.