Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is nou meer as ooit belangrik om goeie handhigiëne te handhaaf en waar moontlik te ontsmet aangesien respiratoriese infeksies aan die begin van die winter toeneem.

 

Die departement van gesondheid het gesê dat die neem van daaglikse beskermingsmaatreëls, insluitend nie-farmaseutiese ingrypings soos handhigiëne, sal help om die verspreiding van respiratoriese infeksies insluitend griep te voorkom. “Die departement sal die publiek op hoogte hou soos en wanneer daar ’n toename is in gevalle van siekte wat veroorsaak word deur enige kommerwekkende virus of uitbreek van enige siekte.” 

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD), wat die sirkulasie van respiratoriese virusse regdeur die land monitor, het die departement in kennis gestel dat dit tans die hoogseisoen van respiratoriese sinsitiale virus (RSV) is, wat sommige vir COVID-19 kan verwar as gevolg van algemene simptome. RSV veroorsaak siektes hoofsaaklik by jong kinders, maar kan ook bydra tot respiratoriese siektes by ouer mense. Die departement raai diegene met ‘n hoë risiko om die virus op te doen aan om die griep-entstof te kry om ernstige gesondheidskomplikasies te voorkom. 

Groepe met ‘n hoë risiko sluit in bejaardes wat ouer as 65 jaar is, diegene met onderliggende siektes soos hart- en longsiekte, mense wat met MIV en tuberkulose leef, asook swanger vroue. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is die menslike RSV ‘n wêreldwye algemene oorsaak van laer lugweginfeksie.

Algemene simptome sluit in neusverstopping, soms loperige oë, vinnige asemhaling, bors intrekking en ‘n ‘stywe hoes’. “Hulle klink hygend, maar is nie asmaties nie. RSV begin gewoonlik soos elke ander virale boonste lugweginfeksie met ‘n bietjie loopneus, koors, seer keel en hoes. Dit kan na die onderste lugweg (die longe) vorder en vinnige asemhaling, bors-intrekking en verhoogde hoes veroorsaak. Sommige babas kan sodanige asemnood ontwikkel sodat hulle mediese hulp moet kry en hulle sal dalk nie soos gewoonlik kan voed nie.”

Die departement het gesê aangesien RSV ‘n respiratoriese patogeen is, help sosiale distansiëring en die dra van maskers om asemhalingsiektes voorkom. “Met die griep wat nou aan die gang is, het ons gesien hoe baie kinders en volwassenes siek word, so ons vra ouers om ekstra waaksaam te wees en voorsorgmaatreëls te tref.”

Die nasionale woordvoerder van die departement van gesondheid, Foster Mohale het gesê Covid-19 sirkuleer steeds teen lae vlakke, terwyl die griepvirusinfeksies begin toeneem. “Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ‘n toesigstelsel wat die sirkulasie van respiratoriese virusse regdeur die land monitor en het die departement in kennis gestel dat dit tans die hoogseisoen van RSV is wat deur sommige mense verwar kan word, met Covid-19 of SARS-CoV-2 as gevolg van algemene simptome.

“Terwyl die meeste siektes wat deur griep-, RSV- en SARS-CoV-2-virusse veroorsaak word lig is, kan hierdie virusse ernstige siektes en selfs dood onder die burgers regoor die land veroorsaak, veral in individue met toestande wat hulle ‘n hoë risiko vir ernstige siektes plaas.

Hier is hoe jy voorsorg kan tref:
* Bedek jou neus en mond wanneer jy hoes en nies.
* Bly by die huis as jy siek is.
* Moenie met ongewaste hande aan jou gesig raak nie.
* Vermy noue kontak met ander wanneer jy siek is, soos om te soen, hande te skud en koppies en eetgerei te deel.

Wat is die simptome: (nie beperk tot)
* Loopneus
* Afname in eetlus
* Hoes, nies, koors en hyg.

Wat moet jy doen as jy hierdie simptome ervaar:
* Ouers en versorgers word versoek om hul kinders onverwyld na die naaste gesondheidsfasiliteit of gesondheidsorgverskaffers te neem vir mediese aandag, sou hulle probleme ondervind met asemhaling, nie genoeg vloeistowwe drink nie en verslegtende simptome ervaar.
* Mense wat met griep besmet is, is gewoonlik vir drie tot agt dae aansteeklik.
* Voorkomende maatreëls soos die dra van maskers en sosiale afstand word aanbeveel, veral vir diegene wat siek is.