Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Salomé Kotzé

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp -  Caren Venter het nie besef daar is soveel waarde in ‘n bos hare nie. Tot sy een oggend wakker word en haar kuif op haar kussing kry. Sy lag as sy die storie vertel en jy kom gou agter jy kyk meer vir die glinster in haar oë as die kaalkop voor jou. 

Dan is sy ernstig. “Dit is natuurlik baie traumaties as so iets gebeur. Jy skrik jou dood. Maar met tyd het ek agtergekom dit is eintlik net hare, en ek het vrede daarmee gemaak. Mense heg ongelooflike waarde aan ‘n bos hare. Dit is die standaard waaraan ‘n vrou se skoonheid gemeet word. Haar kroon.’’

 

 

 

 

Alopecia is in 2019 by haar gediagnoseer. Dit is ‘n auto-imuunsiekte waar jou witbloedselle die melanien in jou hare aanval en vernietig. Dan val jou hare uit. Oral op jou lyf. Dit kan in kolle voorkom of alles geleidelik. Caren vertel sy het pruike probeer, ook hoede maar die sensitiwiteit van haar kopvel het dit ondraaglik gemaak. Die behandeling vir alopecia waar steroide in die kopvel ingespuit het, was net so pynlik met geen sukses nie.

In 2021 het sy besluit sy skeer al haar hare af. Daardie selfde oggend is Caren kaalkop en al Wimpy toe. “In die restaurant bied ‘n vreemde man toe aan om vir my koffie te betaal. Ek glimlag ewe dankbaar en vriendelik. Maar toe vra hy dat ek dan moet gaan, want dit ontstel sy kinders. Weet jy hoe het dit gevoel? Ek het opgestaan en geloop. Gedweë Caren. Maar toe ek later daaroor dink het ek besluit ek kan nie wegkruip nie, ek gaan nie my haarverlies verbloem nie, ek gaan dit embrace.’’

Caren het openlik oor haar stryd met die siekte begin praat en onder die hutsmerk Baldwhisperer skep sy bewusmaking oor die siekte. In Maart het sy ‘n motorfietsrit Durban toe en terug aangepak en binne twee dae 1400km afgelê om bewustheid vir alopecia te skep. “Die siekte ken nie ‘n ouderdom nie, en kan met enigeen gebeur. Kinders word geboelie op skool daaroor, want mense ken dit nie. Mense kan baie wreed wees,’’ gesels sy.

Dit is nie net mense met alopecia wat deurloop onder kwetsende oë nie. Ook kankerlyers wat chemoterapie ondergaan en wie se hare uitval, moet starende oë trotseer. Met die ondersteuning van haar oogarts-man en hul twee kinders staar sy die wêreld kaalkop in die oë. “Ja, my hare kan weer terug groei, die haarverlies is gewoonlik nie permanent nie. Ek het al vergeet hoe dit voel om hare te hê. Dit is after-all net hare.’’