Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Aantal plaaslike bekendes het gedurende die Kersvakansie gesterf. 

Johan van der Merwe

Johan van der Merwe (49) van Orkney is op Kersdag oorlede. Hy is vroeg in Desember met non-Hodgkins lymphoma gediagnoseer.
Johan was ‘n bekende gesig in Noordwes en die Vrystaat en geliefd as sanger en musikant. Benewens sy sakebelange was hy ook voorsitter van Overvaal Stereo. Hy was in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem waar hy oorlede is. Sy begrafnisdiens het op Nuwejaarsdag plaasgevind en hy is in die familiekerkhof ter ruste gelê.

 

Dr Muhamed Iqbal Rawat

Dr Muhamed Iqbal Rawat (75) het op 18 Desember aan ‘n hartaanval gesterf, pas nadat hy ‘n toespraak by ‘n troue in Vereeniging gelewer het. Hy was ‘n geliefde dokter wat na sy aftrede nog steeds by die Klerksdorp Hospitaal se onkologie-afdeling betrokke was. Hy was ‘n bekende gemeenskapswerker en was betrokke by kinderhuise en ouetehuise, asook die plaaslike moskee. Hy was ook betrokke by die Islamitiese Mediese Vereniging in Noordwes. Hy was getroud met Rokaiya en die egpaar het twee kinders.

 

Jan van den Berg

Bekende fietsryer en eiendomsagent, Jan van den Berg (79) is op 26 Desember dood. Hy het nog saam met sy familie Kersfees gevier en is onverwags die volgende oggend oorlede. Hy het ‘n bloedklont ontwikkel tydens een van sy vorige fietsryongelukke. Hy was ‘n uitnemende fietsryer met verskeie nasionale titels agter sy naam, maar was ook ‘n sakeman, familie- en kerkman. Hy en sy vrou, Lynn, het bykans vyftig jaar in Klerksdorp gewoon. Die egpaar het drie kinders. Sy troosdiens vind op 20 Januarie plaas.