Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Julie is in die hartjie van die winter en die laaste naweek van die skoolvakansie gaan ‘n koue een wees.
‘n Kouefront het die Weskaap vandeesweek getref en behoort Donderdag 4 Julie die Noordwes te bereik.
Volgens die Weerburo is die voorspelde temperature -1° en 21° vir 4 Julie, -2° en 20° vir Vrydag 5 Julie en ‘n vriesende -5° en 21° vir Saterdag 6 Julie.
Die weervoorspelling vir Sondag 7 Julie is 1° en 22° met ‘n wind van 15 knope.
Reën word vir Maandag 8 Julie voorspel.
Die temperature is 0° en 22° met wind wat 10 knope behoort te waai.
Bibberweer op pad hierheen
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode