Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - ’n Voormalige Boeregeneraal van die Anglo-Boereoorlog se graf is geskend en opgegrawe in sy familiebegraafplaas. Die graf behoort aan ‘n voormalige Boeregeneraal, Andries Cronjé. Hy was ook bekend as een van die 12 stigterslede van Senwes. Die FAK het die grafskending by die polisie aangemeld. Die grafskending het plaasgevind op Gert Coetzer se plaas in die Stilfontein-distrik wat eens aan Cronjé behoort het. 

Die familiebegraafplaas is op ’n afgeleë gedeelte van die plaas geleë en die oopgegroude grafte is verlede week ontdek.

Volgens Jan-Danie Malan, kultuurkoördineerder van die FAK se kultuurnetwerke, is dit ‘n erge skending van Afrikanererfenis. “Twee grafte is heeltemal oopgegrawe en daar is oorskot, vermoedelik van ’n skelet, gevind by die oop graf. Dit is onduidelik wat die doel agter die grafskending was, maar hierdie daad is afgryslik en skandelik ...Grafskending van die hoogste graad.” 

Malan wat self die toneel besoek het, het gesê hy hoop die booswigte word vasgetrek “vir hierdie skandalige misdaad teen die kosbare en onvervangbare erfenis’’.

Rdl Pieter du Preez van die VF Plus het ook sy misnoeë te kenne gegee.

Werknemers van Coetzer wat op die toneel afgekom het, was duidelik geskok en het bevestig dat die misdaad onlangs plaasgevind het.  Coetzer sê dit is ondenkbaar om te dink dat ’n mens so iets sal doen.  “Die hele ding maak nie vir my sin nie. Ek sal alles in my vermoë doen om te red wat daar te redde is,” het hy gesê.

Boeregeneraal Cronjé was bekend as ‘n intelligente en dapper soldaat en was reeds op 16-jarige ouderdom deel van verskeie militêre veldtogte. As jong man van skaars 20, was hy reeds veldkornet en is teen 1900 tot veggeneraal bevorder. Hy word egter eerder onthou vir sy oorgawe aan die Britte; ’n daad waarvoor sy volksgenote hom nooit vergewe het nie. 

“Hy was die rykste ou in die Wes-Transvaal. Hy was een van die 12 stigterslede van Senwes koöperasie in 1909... Die hele area is baie geskiedkundig,” sê Coetzer.

Die FAK veroordeel die skending van grafte en erfenisbakens ten sterkste en vra die publiek om enige vandalisme en/of afbreek van die erfenis by die FAK aan te meld.