Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Willie Crous was ‘n instelling by Hoërskool Schoonspruit. Hy was ‘n formidabele Wiskunde onderwyser van 1976 tot sy aftrede in 1992 by die skool, en daarna was hy oom Willie vir almal - en Wiskunde was steeds sy kos. 

Hy het as aflosonderwyser soms klas gegee by KHS, HTS en Hoërskool Stilfontein, maar sy hart het steeds geklop vir sy skool. Sy Schoonspruit. Die geliefde Wiskunde onnie is op Woensdag 17 Januarie oorlede. Hy was 87 jaar oud. Willie is onlangs met beenmurgkanker gediagnoseer. 

Sy seun, Tinus, vertel dat sy pa somme vir die lekkerte gedoen het en beskryf hom as ‘n “goeie mens wat altyd raad gehad het”. “Hy het nooit vir my en my broer Hendrik skoolgehou nie.  Hy het ons in HTS gesit, want ons moes leer hoe om met ons hande te werk.”

Willie was ‘n planmaker en ‘n bekende gesig by die Nampo boerepatentekompetisie waaraan hy vir sowat 22 jaar deelgeneem het. Sy vernuftige planne en patente het hom ‘n paar pryse oor die jare besorg.

Hy het in 1954 in KHS gematrikuleer en aan die Heidelberg Onderwyskollege studeer. Schoonspruit het in ‘n huldeblyk na hom verwys as ‘n geliefde wiskunde-onderwyser, atletiekafrigter en getroue Schoonie-ondersteuner wat jy dikwels by atletiek- en sportbyeenkomste raakgeloop het. 

Hy het diep spore in die Schoonies se harte gelaat.

Hoërskool Schoonspruit se matrieks van 2023 het ook uitstekende resultate behaal met ‘n 100% slaagsyfer en is top skool in hul kategorie (meeste matrieks wat vir die NSS-eksamen geregistreer het en 100% slaagsyfer behaal het).  Die Schoonies het hierdie groot prestasie aan hul geliefde oom Willie opgedra. 

Sy troosdiens vind om 11:30 op Sondag 28 Januarie by NG Flimieda plaas.