Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Met ingang van 1 Maart sal die minimum loon van R25,42 per uur tot R27,58 styg.

Thulas Mxesi, minister van indiensneming en arbeid, het die nuwe loon verlede week aangekondig.

Dit dui op ‘n styging van 8,5%. Die minimum loon vir huiswerkers en plaaswerkers sal ook tot R27,58 verhoog word.

Werkers in diens van die uitgebreide openbare sektor program sal geregtig wees op ‘n minimum loon van R15,16 per uur.

Wanneer dit op agt uur per dag bereken word, behoort die maandelikse loon vir huiswerkers (160 uur per maand) van R4 067 tot R4 412 te styg - ‘n verhoging van R345.

Die nuwe daaglikse tarief sal R220 wees, voorheen R203. Hierdie tarief sluit nie kos, vervoer of verblyf in nie.