Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Altesame 357 vuurwapens wat as bewysstukke in die polisie se SAP 13-stoorkamers landwyd geberg is, is sedert die 2020/21-boekjaar gesteel. Slegs ses private persone is tot dusver hieroor in hegtenis geneem.

Dit blyk uit antwoorde van die minister van polisie, Bheki Cele, op vrae van dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus oor die aangeleentheid. Die party wil nou weet wat het geword van die hofsake waarin hierdie bewysstukke gebruik moes word.

 

“Daar kan geredelik aanvaar word dat vuurwapens hoofsaaklik verbind word met ernstige sake soos moord en roof en sonder hierdie bewysstukke is die kanse goed dat die sake nie sal slaag nie,’’ het hy gesê.

Dr Groenewald het bygevoeg dat hy “ernstige bedenkinge’’ het oor die feit dat geen lid van die polisie aangekeer is nie. “Dit is moeilik om in te sien hoe honderde vuurwapens uit goed beskermde bergingsgeriewe gesteel kan word sonder hulp van binne. Die indruk wat hier geskep word, is dat die wapens gesteel word sodat verdagtes vervolging en straf kan vryspring.’’  

Volgens hom wys dit dat die polisie geen les geleer het uit die Christiaan Prinsloo-aangeleentheid nie. 

Prinsloo, ʼn voormalige polisiekolonel, het meegewerk om tussen 2007 en 2015 meer as 2 000 wapens in polisiebesit te steel en aan bendes te verkoop. Van die gesteelde vuurwapens was in 2016 reeds gekoppel aan die dood van 89 kinders terwyl 170 kinders daarmee gewond is. Prinsloo het klaarblyklik skaars drie jaar en tien maande van ʼn vonnis van agtien jaar uitgedien.

In sy antwoord aan die VF Plus het die minister ʼn lys voorsorgmaatreëls genoem wat die laaste jare ingestel is om vuurwapen-
diefstal uit polisiebesit te voorkom. Dit sluit in verpligte veiligheidstandaarde vir SAP 13-stoorkamers en kluise, nuwe voorskrifte oor die bou van die bergingsgeriewe asook die uitgebreide en omvattende gebruik van tegnologie.

“Hierdie voorkomingsmaatreëls is duidelik nie effektief nie en die VF Plus sal navrae doen om vas te stel tot watter mate dit in die praktyk toegepas word en of dit net planne op papier is. Terwyl die staat self onwettige vuurwapens en ammunisie in die hande van gevaarlike misdadigers plaas, is daar pogings om wettige, private vuurwapeneienaars te ontwapen. 

“Hierdie situasie skep juis ʼn geldige rede vir wetsgehoorsame burgers om hulself te bewapen en te beskerm teen misdadigers wat danksy die staat vry rondloop en nie ʼn tekort aan vuurwapens het nie,’’ het Groenewald gesê.