Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die landdroshof in Klerksdorp het die saak teen Wernich Botha (33) tot 15 Januarie volgende jaar vir verdere ondersoek uitgestel.

Hy het verlede week vlugtig in die hof verskyn. Botha is aanvanklik van poging tot moord aangekla, maar die staat het die klag na moord verander na die dood van Hilton Pretorius (32) in die hospitaal nadat hy na bewering deur Botha aangerand is. 

Die aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer is ook na poging tot moord verander nadat die staat die beserings wat PW Roos (44) opgedoen het, wat glo ook deur die beskuldigde aangerand is, hersien het. Die aanklagte teen Botha is nou skedule 5, maar die hof het sy borgtogstatus van R2 000 behou en hom beveel om nie met die staat se getuies in te meng nie. Hy het ook sy paspoort behou.

Botha se hofverskyning spruit uit ‘n voorval in Doringkruin waar Botha die twee mans, Pretorius en Roos, na bewering aangerand het. Albei slagoffers is na ‘n plaaslike hospitaal geneem, waar Roos met ‘n skouerbesering en harsingskudding ontslaan is. Pretorius het uiteindelik aan sy beserings beswyk.